Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Cyril ontmoet IMF-hoof in Davos
Cyril Ramaphosa, adjunkpresident van Suid-Afrika Foto: Themba Makofane

Die hoof van die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) Christine Lagarde en Cyril Ramaphosa, adjunkpresident van Suid-Afrika, het ’n “vrugbare gesprek” in Davos gehad waar die Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF) tans plaasvind.

Die IMF het spesiaal ’n verklaring daaroor uitgestuur.

Hulle het die onlangse gebeure in Suid-Afrika en die vooruitsig vir die land bespreek.

“Ek het ’n vrugbare bespreking met Ramaphosa in Davos gehad. Ek het hom gelukgewens met sy verkiesing as president van die ANC en die benoeming van Lesetja

Kganyago, president van die Reserwebank, as voorsitter van die Internasionale Monetêre en Finansiële Komitee (IMFC) van die IMF.

“Ons het saamgestem dat die langdurige strukturele probleme van die land steeds groei belemmer.”

Volgens Lagarde het hulle “gevolglik saamgestem dat dapper en tydige hervorming nodig is” om ’n omgewing te skep wat werk sal skep en ongelykheid sal verminder.

“Die onlangse inisiatiewe om staatsbestuur te verbeter en openbare instellings te versterk, is stappe in die regte rigting.

“Hierdie pogings moet volgehou word en aangevul word deur fiskale beleid, wat die land se staatskuld tot ’n hanteerbare en volhoubare vlak stabiliseer, sowel as deur die vestiging van sakevertroue om die ekonomie meer produktief en mededingend te maak.”

Lagarde sê die IMF sal voortgaan om met owerhede in Suid-Afrika saam te werk.

Meer oor:  Christine Lagarde  |  Cyril Rama­Phosa  |  Davos  |  Wef  |  Imf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.