Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Cyril op die punt om minimum loon wet te maak

Die jare lange stryd vir ’n nasionale minimum loon kan binnekort uiteindelik oor wees danksy die nodige wetgewing wat pres. Cyril Ramaphosa gaan bekragtig.

Huiswerkers se minimum loon gaan vir eers 75% van die nasionale minimum loon beloop, dus R15 per uur. Foto: iStock

Ramaphosa se kantoor het reeds twee weke gelede laat weet hy kyk dringend na die ondertekening van die wysigings aan die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, die Wet op Arbeidsverhoudinge en die nuwe Wet op ’n nasionale minimum loon.

Dié drie wette sal ’n nuwe nasionale minimum loon van R20 afdwing wat op alle werkers in alle sektore van toepassing sal wees. Huiswerkers sal vir eers 75% daarvan, oftewel R15 per uur, moet kry en plaaswerkers 90%, oftewel R18 per uur.

Dit blyk Ramaphosa sal die wetgewing binnekort amptelik onderteken, hoewel ’n bron in die departement van arbeid nie kon bevestig of dit wel al Vrydag sal gebeur nie.

Selfs al sou Ramaphosa die wette reeds Vrydag onderteken, sal die minimum loon eers in Januarie of Februarie 2019 in werking tree, het die persoon gesê.

Die oorspronklike teiken was dat Ramaphosa die wette al in Mei vanjaar sou onderteken, met die inwerkingstelling van die loon teen Augustus, maar die proses is vertraag deur onder meer die oorvloed kommentaar wat in die openbare sittings oor die wetgewing verwerk moes word.

Die vakverbond Cosatu het die nuus van die wette wat binnekort bekragtig sal word verwelkom.

Cosatu en werkers veg al vir dekades daarvoor, sê Matthew Parks, parlementêre koördineerder van Cosatu, in ’n verklaring.

Dit sal die lone van sowat die helfte van die bestaande arbeidsmag verhoog, volgens Parks.

Die lone van plaaswerkers en huiswerkers sal ook oor ’n tydperk van twee jaar verbeter word. Dit sal ’n kontantinspuiting in werkers se sak wees en ’n stimulus vir die ekonomie beteken, sê Parks.

Die minimum loon is vir eers op R20 per uur gestel, maar volgens Parks sal Cosatu veg vir ’n verhoging van meer as inflasie in 2019.

Die klerewerkersvakbond Sactwu het ook die nuus oor die ondertekening van die wette verwelkom. “Dis ’n oorwinning vir baie kwesbare werkers. Dit sal die lone van tussen 4 miljoen en 6 miljoen Suid-Afrikaners verhoog,” sê André Kriel, hoofsekretaris van Sactwu.

Meer oor:  Matthew Parks  |  Cyril Ramapahosa  |  Huiswerkers  |  Cosatu  |  Sactwu  |  Plaaswerkers  |  Minimum Loon
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.