Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Cyril paai beleggers oor Eskom, staatskuld

Die naam van ’n nuwe uitvoerende hoof vir Eskom sal binne dae aangekondig word.

Pres. Cyril Ramaphosa Foto: Argief

Dié aanstelling, saam met die planne wat onlangs vir die kragreus bekend gemaak is, toon Suid-Afrika se toewyding om probleme wat betref elektrisiteitsvoorsiening en -stabiliteit op te los.

Dit is pres. Cyril Ramaphosa se boodskap Woensdag aan beleggers op die tweede Beleggingskonferensie wat in Sandton, Johannesburg, gehou is.

“Die beskikbaarheid en stabiliteit van kragvoorsiening is kritiek belangrik.”

Hy sê verder dat die staat ook dringend daaraan sal werk om Eskom se skuldlas te verminder.

Die beroerde stand van sake by Eskom en die enorme staatswaarborge wat ’n groot deel van sy R450 miljard se skuld onderskryf, is een van die groot redes hoekom die kredietgradeerder Moody’s Investors Service die vooruitsig van die land se kredietgradering Vrydagnag van stabiel na negatief verander het.

Boonop het Moody’s Dinsdag aangekondig dat hy Eskom se skuld wat nie deur die staat gewaarborg word nie, nóg verder afgradeer. Op Caa3 is dit nou op die derde laagste vlak.

Moody’s het Vrydagnag ook sy kommer uitgespreek oor die tesourie wat verwag dat staatskuld oor die volgende paar jaar drasties gaan toeneem.

Tito Mboweni, minister van finansies, het op 30 Oktober, toe hy sy mediumtermynbegrotingsraamwerk in die parlement voorgelê het, gesê staatskuld kan teen 2023 meer as 70% van die bruto binnelandse produk (BBP) beloop, teenoor die minder as 60% wat nog in Februarie verwag is.

Hoewel Ramaphosa Woensdag vlugtig na staatskuld en fiskale beleid verwys het, het hy net gesê dit moet gestabiliseer word.

Hy het glad nie in sy toespraak van bykans ’n uur na Moody’s se nuutste verslag verwys nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.