Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Cyril: SA moet in sy mense belê

Pres. Cyril Ramaphosa glo grootskaalse transformasie van die ekonomie en arbeidsektor gaan nodig wees om ’n skerp toename in werkloosheid ná die Covid-19-pandemie teen te werk.

Pres. Cyril lRamaphosa. Foto: Getty Images

Ramaphosa het Woensdag op die Internasionale Arbeidsorganisasie (ILO) se aanlyn mediakonferensie gepraat waar wêreldleiers oor die pandemie se uitwerking op die ekonomie gepraat het.

Ramaphosa het onder meer na Suid-Afrika se behoefte aan universele maatskaplike beskerming verwys wat moontlik op die uitbreiding van toelaes tot ’n universele basiese inkomste kan dui – ’n idee wat al op verskeie platforms as ’n moontlike oplossing vir armoede ter tafel gelê is.

“Ons moet in mense se vermoëns belê – in vaardigheidsontwikkeling, in lewenslange studie, in werkplekinklusiwiteit en in die bevordering van geslagsgelykheid,” sê Ramaphosa.

“Ons moet bowenal ons binnelandse beleidsraamwerke transformeer om die skep van behoorlike en volhoubare werk te ondersteun.”

Volgens Ramaphosa het die pandemie die noodsaak van transformasie op die land afgedwing. Dit beteken ook dat daar te midde van die krisis die grondslag van geleentheid is. Hy voel dit is juis nou wanneer transformasie behaal kan word om werkloosheid hok te slaan en beter werksgeleenthede te skep.

“Uit die as van die ekonomie kan iets beters gebou word.”

Volgens Ramaphosa het Afrika nog nie so ’n hoë infeksiekoers soos die res van die wêreld nie, maar die vasteland se gebrek aan infrastruktuur en vermoë om die pandemie te hanteer beteken die lae infeksiekoers is nie regtig goeie nuus nie.

“Die langtermynimpak op Afrika gaan beduidend wees,” sê Ramaphosa.

Die taak wat voorlê, is dus enorm, maar kan wel heel moontlik die littekens op die ekonomie uiteindelik genees, glo hy.

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Arbeid  |  Ilo  |  Covid-19  |  Ekonomie  |  Ekonomiese Groei  |  Transformasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.