Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Cyril sê oor jeug-inisiatief, leefstyl-oudits
Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Getty Images

Die regering se doelwit om aan meer as ’n miljoen jong mense werk te gee, is nog in sy kinderskoene, het pres. Cyril Ramaphosa Dinsdag in die parlement gesê.

Hy het in antwoord op vrae in die nasionale raad van provinsies gesê die jeug-indiensnemingsdiens (YES) werk saam met die private sektor om aan jong mense werkservaring te gee.

Hy gee toe daar is tandekry-probleme, maar die YES-inisiatief sal poog om ’n balans te vind met werkgeleenthede vir stedelike én landelike jong mense, vroue asook gestremdes. Hy het dit ontken dat die YES-inisiatief in ’n gemors is, want dit is nog net in die begin.

Leefstyl-oudits

Op ’n vraag oor die leefstyl-oudits wat hy in sy staatsrede vroeër vanjaar aangekondig het, het Ramaphosa gesê ’n tegniese taakspan is saamgestel wat bestaan uit onder meer die polisie, die finansiële inligtingsentrum en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens. Die taakspan sal die direkteur-generaal in die presidensie bystaan om leefstyl-oudits van top-staatsamptenare te doen.

Dit sal jaarliks bygewerk word.

Jacques Julius (DA-lid van Gauteng), wat die vraag gevra het, het egter gesê hy is nie tevrede met Ramaphosa se antwoord nie.

Ramaphosa sê almal sal aan die leefstyl-oudits onderwerp word, van die president tot amptenare in die uitvoerende gesag. Hy hoop dat daar teen Oktober reeds ’n robuuste stelsel in plek sal wees om die leefstyl-oudits uit te voer.

Die topbestuur van die polisie het ook al vrywillig ingestem tot leefstyl-oudits, het Ramaphosa gesê in antwoord op ’n vraag of uitvoerende amptenare soos burgemeesters en ander topamptenare van plaaslike regerings ook aan die oudits onderwerp sal word.

Volgens Ramaphosa hoop hy die proses daarmee sal ’n revolusie ontketen waarmee die proses oral en landwyd omarm sal word. Mense sal nie kan wegkruip nie, sê hy.

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Werkskepping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.