Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Cyril wil praat oor ‘konstruksie-mafia’

Pres. Cyril Ramaphosa gaan met die Suid-Afrikaanse Federasie van Siviele Ingenieurskontrakteurs (Safcec) vergader oor die voortdurende ontwrigting van grootskaalse bouprojekte deur die sogenaamde “konstruksiemafia”.

mtentu
'n Voorstelling van die beplande Mtentu-brug in die Oos-Kaap.

Dit kom nadat Safcec in Maart ’n brief aan die president gestuur het oor R25,5 miljard se konstruksieprojekte wat reeds deur misdaad gevandaliseer en ontwrig is.

Webster Mfebe, uitvoerende hoof van Safcec, het in sy brief veral aandag op die onlangse ontwrigting van die Mtentu-brugprojek van R1,65 miljard in die Oos-Kaap gevestig.

Die konstruksiemaatskappye Aveng en Strabag International, die vennote in die bou van dié brug, deel van die N2-Wildekuspad-projek, het op 4 Februarie force majeure verklaar weens geweld en dreigemente van geweld deur lede van die plaaslike gemeenskap. Hul onttrekking aan die kontrak is nou die onderwerp van ’n hofsaak met die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral).

Safcec sê “gewapende bendes” het ook gelei tot die opskorting van bouwerk aan ’n oliebergingsprojek van R2,4 miljard by Saldanha.

Mfebe, wat ook ’n voormalige LP vir die ANC en vakbondleier by die National Union of Mineworkers (NUM) was, het amptelik vir ’n omvattende ingryping deur die kabinet gevra.

Khusela Diko, die president se woordvoerder, het bevestig dat Ramaphosa die brief van Safcec ontvang het en dat hy nou daaraan aandag gee.

“Die probleme wat hulle uitwys, is al bespreek deur die presidensiële infrastruktuur-koördineringskomitee op ’n onlangse vergadering,” sê Diko.

“Die president het ook onderneem om ’n vergadering met Safcec te reël. Maar sommige van die griewe word ook reeds deur provinsiale en nasionale owerhede behartig.”

Diko sê ook die departement van ekonomiese ontwikkeling gaan verantwoordelik wees om ingrypings te bewerkstellig.

Fin24, bygewerk

Meer oor:  Aveng  |  Sanral  |  Mtentu-Brug  |  Infrastruktuur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.