Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
DA gaan Metrorail in Kaapstad oorneem, belowe raadslid

Die DA het dit sy sending gemaak om die bestuur van die Metrorail-treine in Kaapstad by die nasionale regering oor te neem en “gaan nie opgee nie,” sê Angus McKenzie, DA-raadslid in die Kaapstad-metro.

’n Metrorail-trein verlaat Kaapstad se stasie in die middestad. Foto: Jaco Marais

McKenzie het Vrydag met Fin24 gesels.

Hy sê dat as daar slegs een ding was wat hy kon regmaak rakende Kaapstad se openbarevervoerstelsel, sou dit die Metrorail-treine wees.

Kaapstad se metroraad is tans besig om voort te gaan met sy regsaansoek om onafhanklik sy eie Metrorail-vervoernetwerk te kan bestuur en bedryf. Tans val die Metrorail-netwerk in Kaapstad onder die nasionale regering. Die stad se eie treine en stasies is al ’n geruime tyd oorval deur gevalle van vandalisme, verouderde infrastruktuur en ontwrigtende vertragings.

“Vir Kaapstad is dit van die uiterste belang dat ons Metrorail uitsorteer,” sê McKenzie.

“Die aansoek is in. Ons is in die proses om nuwe, bykomstige spoorlyne te bou om buitewyke aan die netwerk te verbind.

McKenzie verduidelik dat hulle Metrorail in die stad wil bestuur, nie net om infrastruktuur op te knap en vandalisme hok te slaan nie, maar ook om die stelsel se bedryf te verbeter.

“Ons wil die mag volledig aan ons oorgedra hê,” sê hy.

Volgens hom is dit uiters belangrik dat die stad se inwoners voel hulle het eienaarskap van die spoornetwerk en om pendelaars op te voed om nie openbare dienste in optogte te vernietig nie.

Fin24

Meer oor:  Metrorail  |  Da  |  Prasa  |  Vervoer  |  Openbare Vervoer  |  Treine
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.