Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
DA kap Sassa, Poskantoor oor swak voorbereiding

Die tandekry-probleme van die nuwe Sassa-kaarte word uit alle oorde gekritiseer.

Sommige gebruikers van die nuwe Sassa-kaarte het gekla dat hulle Sondag, op die eerste dag van die maand, nie hul geld kon onttrek nie en dat die agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) gesê het dit kan drie dae duur voordat die geld beskikbaar is.

Hierop sê die DA dit lyk asof Sassa en die Suid-Afrikaanse Poskantoor, wat die nuwe betaalstelsel administreer, nie goed genoeg vir die veranderings in die betaalstelsel voorbereid was nie.

Die DA sê in ’n verklaring hy is bekommerd oor berigte van tegniese probleme wat veroorsaak dat heelparty begunstigdes van maatskaplike toelae landwyd nie hul maandelikse uitbetalings by kitsbanke kon onttrek nie.

Die veranderings in die betalingstelsel het op 1 Julie in werking getree.

Maandag het Abraham Mahlangu, waarnemende uitvoerende hoof van Sassa, om verskoning vir die tegniese probleme gevra en begunstigdes verseker dat hulle wel hul toelae sal ontvang.

Maar Bridget Masango, die DA se woordvoerder oor maatskaplike ontwikkeling, sê totdat betaalpunte na die nuwe stelsel omgeskakel het, sal begunstigdes nie toegang tot hul geld hê nie.

“Nóg Sassa nóg die Suid-Afrikaanse Poskantoor kan met sekerheid sê wanneer dit sal gebeur – wat beteken dat miljoene mense vir ’n onbepaalde tyd weens Sassa se nalatige optrede hongerly.” 

Meer oor:  Da  |  Abraham Mahlangu  |  Sassa-Kaart  |  Maatskaplike Toelaes  |  Poskantoor  |  Sassa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.