Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Daar is rede tot hoop, sê Ramaphosa

Hopelik sal die nuwe presidensiële ekonomiese adviesraad praktiese oplossings vind vir die “komplekse en dringende” uitdagings van die Suid-Afrikaanse ekonomie.

So het pres. Cyril Ramaphosa Woensdag in Tuynhuys by die parlement in Kaapstad gesê op die eerste vergadering van dié adviesraad van 18 lede. Hy het die raad op 1 Oktober aangestel.

Ramaphosa sê ’n diverse groep kundiges van uiteenlopende agtergronde en ondervinding in Suid-Afrika, Afrika en ander dele van die wêreld dien op dié raad.

Pres. Cyril Ramaphosa, adj.pres. David Mabuza en lede van sy kabinet Woensdag in Tuynhuys. Foto: JACO MARAIS

Adj.pres. David Mabuza sowel as verskeie ministers, waaronder Tito Mboweni, minister van finansies, Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, Jackson Mthembu, minister in die presidensie, Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en energie, Stella Ndabeni-Abrahams, minister van kommunikasie, en Ebrahim Patel, minister van handel en nywerheid, was ook teenwoordig.

“Dit is duidelik dat ons in ’n moeilike tyd in ons ekonomie vergader terwyl baie kernaanwysers die omvang van ons ekonomiese insinking bevestig,” het Ramaphosa gesê.

Baie vordering is sedert 1994 gemaak in die lewe van Suid-Afrikaners. “Ons ekonomie vorder egter nie op dieselfde vlak as ander middelinkomste lande nie. Dit is weens die ongelyke verspreiding van inkomste en welvaart wat van ons moeilike verlede geërf het.”

Armoede, wat hoofsaaklik swart is, vier hoogty. Werkloosheid by hardnekkig hoog en sakevertroue het historiese laagtepunte bereik, het Ramaphosa opgemerk.

Hy het na ’n lys mylpale verwys wat die regering teen einde Oktober wil bereik wanneer Mboweni die mediumtermynbegrotingsraamwerk bekend maak.

Werk vorder goed vir ’n doeltreffende visumregime. Die vereiste van ’n volledige geboortesertifikaat vir kinders wat na Suid-Afrika reis, is afgeskaf en visumkwytskeldings is na verskeie lande uitgebrei.

’n Geïntegreerde en omvattende strategie om werk vir jeugdiges te skep word ontwikkel; daar is ook met die sakesektor geskakel om dit te vergemaklik om sake in die land te doen; die beleggingsadviesraad sal binnekort aangestel word, terwyl die raad op staatsinstellings met sy werk gaan begin.

Pres. Cryil RamaphosaFoto: JACO MARAIS

Die geïntegreerde hulpbronplan (IRP), die regering se bloudruk vir kragvoorsiening, word tans deur die kabinet bespreek en sal binnekort uitgereik word.

“Dié dokument sit ons benadering tot Eskom uiteen en sal binnekort in die kabinet ter tafel gelê word. Dit is ’n baie belangrike oefening, want dit konsolideer al die werk wat deur die Eskom-direksie, die Eskom-bestuur, staatsdepartemente en verskeie taakspanne gedoen is wat die regering adviseer om die kragvoorsiener om te draai en die energiemarkte te hervorm. Dit sal die proses verryk om Eskom na finansiële en bedryfstabiliteit te bring deur ’n verwysingspunt te skep.”

Hy sê dit is belangrik om duidelike seine oor die hervormingsproses uit te stuur. “Al dié inisiatiewe en hervormings bied rede tot hoop.”

Meer oor:  Ekonomie  |  Cyril Ramaphosa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.