Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Davos: Hartseer oor ‘9 verlore jare’

Die “nege verlore jare” waarna pres. Cyril Ramaphosa vandeesweek op ’n ete in Davos, Switserland, verwys het, het dit by Peter Moyo, uitvoerende hoof van Old Mutual, tuisgebring wat die afgelope nege jaar werklik Suid-Afrika gekos het.

Peter Moyo, aangewese uitvoerende hoof van die nuwe Old Mutual.

Moyo is deel van die hoëvlak sake- en regeringsafvaardiging by die Wêreld- Ekonomiese Forum se jaarlikse spogberaad in die Switserse ski-dorp.

“Die president het oor nege vermorste jare gepraat en dit was die eerste keer dat ek dié frase gehoor het. Dit het my laat dink oor hoe die land oor die afgelope nege jaar bestuur is.

“Ons het van die vordering verloor wat ons gemaak het. Dit was ’n tydperk waarin ons baie beter kon vaar as ’n land.”

Ramaphosa het al voorheen in toesprake na die tydperk van 2008 tot 2018 as ’n verlore dekade verwys, maar in sy toespraak by Davos dit tot nege jaar verkort, wat ooreenstem met die tydperk waarin oudpres. Jacob Zuma aan bewind was.

Ons het van die vordering verloor wat ons gemaak het.
Peter Moyo van Old Mutual

“Vir die eerste keer sien ons die regering doen die regte goed oor korrupsie. Ek dink dit is die eerste keer dat korrupsie en sy gevolge openlik bespreek word.”

Volgens Moyo is die Davos-gangers se vooruitsigte vir Afrika goed. Daar is groot belangstelling in opkomende markte. Beleggers glo steeds Afrika sal na die internasionale radarskerm terugkeer.

Moyo meen mense is veral meer positief oor Oos-Afrika. “Dit is ’n streek wat baie gedoen het wat betref die vierde nywerheidrevolusie. As jy van finansiële inspuiting praat kom Kenia telkens na vore. Daar word baie gepraat oor hoe georganiseerd Rwanda is en mense sê pres. Paul Kagame is ’n baie goeie leier.”

“Hulle beweeg in die regte rigting,” sê Moyo. - Fin24, verkort

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Jacob Zuma  |  Peter Moyo  |  Davos  |  Wef  |  Staatskaping  |  Ekonomie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.