Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Davos-inwoners kla oor politici se limo’s
Die Switserse dorpie Davos is in Januarie elke jaar dikwels heeltemal in sneeu bedek.

Die hordes swart limousines wat die sneeubedekte strate van die Switserse dorpie Davos elke jaar toestroom, dryf inwoners die mure uit.

Dit is in dié dorpie waar die Wêreld- Ekonomiese Forum elke jaar sy beraad hou.

Inwoners kan nie verstaan hoekom politici en sakeleiers nie net soos die president van hul sentrale bank en ander minister nie ook kan trein ry nie.

Die sowat 11 000 inwoners kla dat gedurende die beraad word die verkeer só druk dit is gevaarlik vir hul kinders om skool toe te loop.

“Mense dra netjiese leerskoene en ry dan met limousines want hulle wil nie op die ys gly nie,” kla Ladina Alioth, ’n onderwyseres en ma van drie kinders wat onlangs tot die dorp se stadsraad verkies is.

Sy is baie trots dat die dorp elke jaar dié beraad aanbied, maar sê dit was sedert verlede jaar té ontwrigtend.

“Ek dra stewels en pak netjiese skoene in om binnenshuis te dra. Hoekom kan hulle dit nie ook doen nie?” vra sy.

Toe inwoners in 2018 ná afloop van die beraad gevra is wat die grootste probleem gedurende die beraad was, was die toeloop van limousines die grootste klagte.

Die beraad neem vanjaar van 22 tot 26 Januarie plaas.

Pres. Cyril Ramaphosa sal aan die hoof van Suid-Afrika se afvaardiging staan. Hy sal onder meer deur Tito Mboweni, minister van finansies, bygestaan word.

- Bloomberg

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.