Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
‘Deflasie dreig ná Reserwebank ’n kans verspeel’
Johan Els
Johan Els

Die Reserwebank het ’n “kans verspeel” deur die rentekoers met net 50 basispunte te verlaag, meen Johann Els, hoofekonoom van Old Mutual Investment Group.

Els sê daar is ’n werklike risiko dat inflasie tot onder die Reserwebank se teikenband (dus tot onder 3%) gaan beweeg. “Die Reserwebank is die bewakers van inflasie en moet die baie werklike risiko van toenemende deflasie in Suid-Afrika aanpak.”

Die sentrale bank het sy verwagting vir inflasie vir 2020 wel verlaag, maar tot gemiddeld 3,4%, teenoor April se verwagting van 3,6%.

Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank, het op sy virtuele nuuskonferensie baie versigtig geantwoord op die vraag of hy nie verwag dat inflasie tot onder 3% gaan daal nie.

Dit kan vir ’n maand of twee wel gebeur, sê Kganyago, en dan sal die Reserwebank reageer, soos hy ook doen wanneer inflasie tot bo sy teikenband (hoër as 6%) beweeg.

Die Reserwebank voorspel gemiddelde inflasie van 2,8% en 2,9% in die tweede en derde kwartaal, maar Els voorspel inflasie gaan by 2,4% in albei kwartale huiwer en gemiddeld 3% of minder vir die jaar beloop.

Els sê die ekonomiese situasie – diep negatiewe groei en dalende inflasie – laat die risiko van ’n “beleidsfout” deur die Reserwebank skerp toeneem. Benewens dat hy ’n rentekoersverlaging van ’n volle persentasiepunt wou sien, wou hy ook hê die Reserwebank moes kwantitatiewe verruiming (die regstreekse aankoop van staatseffekte) aankondig.

Die Reserwebank koop wel tans effekte aan op die sekondêre mark om banke se likiditeit te ondersteun en Kganyago het gesê dit het gehelp.

Dr. Roelof Botha, ekonomiese raadgewer van die Optimum Beleggingsgroep, looi die Reserwebank nou al ’n paar jaar omdat hy te traag was om rentekoerse te verlaag.

Die Reserwebank is die bewakers van inflasie en moet die baie werklike risiko van toenemende deflasie in Suid-Afrika aanpak.
Johan Els

Soos Els, glo hy nog ’n verlaging van “minstens” ’n persentasiepunt was “dringend nodig om die druk op verbruikers te verlaag en die koste van kapitaalvorming te verminder”.

“Tydens Gill Marcus se termyn as hoof van die Reserwebank was die reële repokoers gemiddeld 0,5% negatief gewees. Toe was daar geen pandemie nie en het die ekonomie met sowat 2,5% per jaar gegroei.

“Nou is ’n ernstige resessie op hande, maar die reële repokoers is steeds positief...

“Die MBK besef hopelik teen hierdie tyd dat vraag in die ekonomie hopeloos onvoldoende is en nie gou weer gaan herstel nie. Met oliepryse ook nog op baie lae vlakke, is daar geen sprake van inflasionêre druk nie en alles moontlik moet nou gedoen word om die ekonomie en werkskepping te stimuleer.”

Die Reserwebank en talle ekonome is dit eens dat die rentekoers nie die resessie kan beëindig nie, maar wel die geldelike druk op mense en ondernemings met skuld kan verminder.

Meer oor:  Old Mutual  |  Reserwebank  |  Johann Els  |  Lesetja Kganyago  |  Roelof Botha  |  Deflasie  |  Rentekoers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.