Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Departement van handel en nywerheid kry nuwe naam

Die nuwe naam van die saamgevoegde departemente van handel en nywerheid en ekonomiese ontwikkeling sal die departement van handel, nywerheid en mededinging wees, het Ebrahim Patel, nuwe minister van handel en nywerheid, Donderdag gesê.

Die gesamentlike begroting vir die twee saamgevoegde departemente is sowat R11 miljard.

Belangrike dele van die Wysigingswet oor Mededinging tree Vrydag in werking, het Patel in sy begrotingsgposdebat aangekondig.

Dit gaan oor buitensporige pryse, werkers se eienaarskap van aandele in maatskappye, meer buigsame reëls oor samewerking tussen groot maatskappye wanneer dit tot werkskepping en groter nywerheidsproduksie bydra, asook nuwe magte aan die mededingingsowerhede om markkonsentrasie te takel waar dit kleinsake uit die ekonomie hou.

Ander prioriteite van die departement sluit in:

  • Die nuwe departement sal oor die volgende vyf jaar R40 miljard aan die ontwikkeling van minstens 400 swart nyweraars bestee deur geld van die Nywerheidsontwikkelingskorporasie, die departement self asook van die private sektor te gebruik.
  • Nuwe meesterplanne om spesifieke sektore soos die klere- en tekstielbedryf te ontwikkel, sal vanjaar aangekondig word, het Patel gesê.
  • Die markondersoek na datadienste sal teen September sy finale aanbevelings oor datapryse aankondig, en hy verwag daar sal vanjaar onderhandelings tussen die groot selfoonmaatskappye en die regering oor die hoë koste van data wees.
  • ’n Nuwe aansporingskema vir die metaalvervaardigingsbedryf sal binne die volgende 100 dae afgehandel word. ’n Fonds van R1,5 miljard om mededinging in die staalbedryf te verbeter, sal herleef.

Die verlenging van Amerika se wet oor groei en ontwikkeling in Afrika (Agoa) se voorkeur-handelstoegang vir Afrika-lande aan die Amerikaanse mark, sal weer in Augustus in die Ivoorkus bespreek word, het Patel op ’n mediakonferensie voor sy begrotingsposdebat gesê.

Die huidige program sal wel nog vir die volgende paar jaar voortgaan, het hy gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.