Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Dié 3 dinge kan ekonomie se herstel vertraag

Drie faktore wat op die oomblik gelyktydig in Suid-Afrika plaasvind, kan die ekonomiese herstel van die land vertraag.

Foto: Reuters

In ’n handelsoorsig oor sy bedryfsvertoning van die begin van die jaar tot einde Mei sê Old Mutual beurtkrag, die tekort aan entstowwe en die skerp styging in infeksies in die derde vlaag kan ekonomiese herstel vertraag.

Ekonome wat aan Netwerk24, Die Burger, Beeld, Volksblad en Rapport se Ekonoom van die Jaar-wedstryd deelneem, het in Junie groei van 4,6% vir 2021 voorspel, maar dit was voordat die erns van die derde Covid-19-vlaag bekend was.

LEES OOK: Sterkste groei in 14 jaar vir SA voorspel

Old Mutual sê die produktiwiteit van dié dele van sy onderneming wat produkte aan verbruikers verkoop, het in vergelyking met ’n jaar gelede verbeter.

Die verkope van lewenspolisse het met 6% gestyg.

Die verkope van produkte aan die middelklas het in Mei vergeleke met ’n jaar gelede wesenlik verbeter en is selfs beter as in 2019. Die verbetering is in polisse met ’n enkele sowel as ’n herhalende premie en sal in die verkope van lewenspolisse in die eerste halfjaar tot einde Augustus gesien kan word.

Verkope van produkte aan laerinkomstegroepe en die onderste kant van die middelklas is ook beter as ’n jaar gelede, maar weens die moeilike ekonomiese omgewing is dit steeds onder die vlak van 2019. Dit sluit begrafnispolisse en spaarprodukte in.

Old Mutual Corporate, wat lewensversekering, spaarprodukte en konsultasiedienste aan maatskappye se aftreefondse bied, ervaar gedempte verkope en marktoestande bly problematies.

Die winsgewendheid van die begin van die jaar tot einde Mei het verbeter.

Nog ’n positiewe faktor is dat die baie eise wat verlede jaar vir sake-onderbreking uitbetaal is, nie herhaal is nie.

Die wins uit bedrywighede het in Mei met 52% tot R2,6 miljard gestyg.

Die beter winsgewendheid is toegeskryf aan onder meer Old Mutual Finance, wat krediet aan kliënte verskaf. Dié afdeling het doelbewus strenger kriteria vir krediet ingestel.

Lenings en voorskotte het met 8% tot R18,7 miljard gedaal.

Dit is aan minder besoekers aan takke in die land en die res van Afrika toegeskryf.

Nog ’n positiewe faktor is dat die baie eise wat verlede jaar vir sake-onderbreking uitbetaal is, nie herhaal is nie.

Old Mutual sê hy is ook goed op koers om sy kostebesparingsteikens van R750 miljoen teen einde 2022 te haal.

Old Mutual sê die uitwerking van Covid-19 op eise word noukeurig gemonitor.

Die ervaring met eise stem ooreen met wat verwag is toe die pandemie-reserwe in Desember vir verwagte eise in 2021 opsygesit is.

“Dit is in dié stadium te vroeg om te bepaal of bykomende voorsiening teen die einde van die halfjaar (einde Augustus) vereis gaan word. Die reserwe sal einde Junie weer beoordeel word met inagneming van die moontlikheid van verdere vlae en ander verwikkelinge wat met die pandemie verband hou.”

Meer oor:  Beurtkrag  |  Polisse  |  Old Mutual  |  Entstowwe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.