Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Dié 56 van SA gaan Davos bywoon

Die Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF) in Davos, Switserland, begin Dinsdag en 56 Suid-Afrikaanse afgevaardigdes gaan vanjaar daar wees.

Die sneeu lê dik in die Switserse dorpie van Davos waar die Wêreld- Ekonomiese Forum se beraad Dinsdag begin. ’n Rekordaantal afgevaardigdes gaan vanjaar die beraad bywoon, en 56 van die 3 000 kom van Suid-Afrika.Foto: Getty Images

Die afvaardiging van Patrice Motsepe, een van Suid-Afrika se rykste mense, bestaan uit vyf lede namens sy African Rainbow-groep. Sy vrou, Precious Moloi-Motsepe, gaan ook saam namens haar welsynsorganisasie.

Absa en Transnet stuur met drie afgevaardigdes elk die tweede meeste uit een groep.

Die beraad sal vanjaar deur sowat 3 000 politieke, sake- en intellektuele leiers van oor die wêreld heen bygewoon word om saam te praat en oplossings te soek rondom vanjaar se tema, Globalisering 4.0.

Dié tema gaan hoofsaaklik kyk na die kwynende vermoë van globalisering om mense se lewens die afgelope paar jaar te verbeter asook die negatiwiteit jeens samewerking en handel wat intree namate populisme gewilder word.

Die beraad duur tot Vrydag 25 Januarie en die meeste van die 350 gespreksessies sal regstreeks op die internet uitgesaai word.

Van die groot name wat vanjaar daar gaan wees, sluit in sir David Attenborough, pres. Sjinzo Abe van Japan, die Duitse kanselier, Angela Merkel, en prins William van Engeland.

Wêreldleiers soos pres. Donald Trump van die VSA, pres. Xi Jinping van China, Theresa May, premier van

Brittanje, en pres. Emmanuel Macron van Frankryk sal nié vanjaar daar wees nie.

Pres. Cyril Ramaphosa lei die Suid-Afrikaanse afvaardiging wat insluit sakeleiers, politici en bankiers.

Skye Meaker, die 16-jarige Suid-Afrikaner wat in 2018 die jeugwildfotograaf van die jaar gekroon is, is ’n genooide spreker. Hy sal die jongste afgevaardigde op die beraad wees. Meaker se toer is geborg, maar ander private bywoners moet self opdok.

Lees ook: Fotograaf (16) van SA na WEF as spreker

Volgens berigte kos dit van $20 000 tot $50 000 per persoon om die beraad by te woon, en vliegtuigkaartjies beloop nog sowat $27 000.

Teen die jongste wisselkoers kos dit dus tussen sowat R650 000 tot R1 miljoen per afgevaardigde om die beraad by te woon.

Hier is al die 56 Suid-Afrikaners wat gaan. Business Tech het die lys saamgestel, maar Netwerk24 het dit bygewerk en kategorieë verwerk.

Staatslui:

  • Cyril Ramaphosa, president;
  • Tito Mboweni, minister van finansies;
  • Lindiwe Sisulu, minister van internasionale betrekkinge en samewerking;
  • Ebrahim Patel, minister van ekonomiese ontwikkeling;
  • Rob Davies, minister van handel en nywerheid;
  • Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings;
  • Dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid;
  • Jeff Radebe, minister van energie; en
  • Stella Ndabeni-Abrahams, minister van kommunikasie.

Staatsondernemings en ander staats- of semistaatsinstellings:

  • Tau Morwe, waarnemende uitvoerende hoof van Transnet;
  • Sydney Mufamadi, Transnet-direkteur;
  • Popo Molefe, voorsitter van Transnet;
  • Lesetja Kganyago, president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank;
  • Patrick Dlamini, uitvoerende hoof van die Ontwikkelingsbank van Suid-Afrika;
  • Mark Swilling, voorsitter van Ontwikkelingsbank van Suid-Afrika;
  • Busi Mabuza, voorsitter van die Nywerheidsontwikkelingskorporasie (IDC); en
  • Tshokolo Nchoncho, uitvoerende hoof van die Nywerheidsontwikkelingskorporasie (IDC).

Banke en finansiële dienste:

  • Sim Tshabalala, uitvoerende hoof van Standard Bank;
  • Funeka Montjane, hoof van persoonlike en sake-bankdienste;
  • Trevor Manuel, voorsitter van Old Mutual;
  • Peter Moyo, uitvoerende hoof van Old Mutual;
  • Brian Kennedy, groephoof van Nedbank se beleggings- en korporatiewe bank;
  • Roger Jardine, voorsitter van FirstRand;
  • Stephen Koseff, uittredende uitvoerende hoof van Investec;
  • Wendy Lucas-Bull, voorsitter van Absa;
  • Peter Matlare, adjunkhoof van Absa;
  • Maria Ramos, uitvoerende hoof van Absa;
  • Adrian Gore, uitvoerende hoof van Discovery;
  • Jacko Maree, voorsitter van Liberty; en
  • Nonkululeko Nyembezi, voorsitter van die JSE.

Ander instellings:

  • Jabu Mabuza, voorsitter van Telkom;
  • Stephen Cornell, medehoof van Sasol;
  • Bongani Nqwababa, medehoof van Sasol;
  • Koos Bekker, voorsitter van Naspers;
  • Rob Shuter, uitvoerende hoof van MTN;
  • Yasuhiro Doida, uitvoerende hoof van Mitsubishi Afrika;
  • Ishmael Sunga, uitvoerende hoof van South African Confederation of Agricultural Unions;
  • Stewart Bailey, senior adjunkpresident van AngloGold Ashanti;
  • Sipho Pityana, voorsitter van AngloGold Ashanti;
  • Kgosi Motsepe, een van Patrice Motsepe se seuns en ’n senior bestuurder by African Rainbow Minerals and Investments;
  • Patrice Motsepe, stigter van African Rainbow Minerals;
  • Jongisa Magagula, direkteur van African Rainbow Minerals;
  • Andries Wilkens, uitvoerende direkteur van African Rainbow Minerals;
  • Abigail Mukhuba, finansiële direkteur van African Rainbow Minerals;
  • Iqbal Survé, uitvoerende voorsitter van Sekunjalo Investments en van Independent Media;
  • Ernest Darkho, mede- uitvoerende hoof van Broadreach Healthcare;
  • Emmanuel Gamor, entrepreneur van EdTech;
  • Bonang Mohale, uitvoerende hoof van Business Leadership SA;
  • Rapelang Rabana, stigter van Rekindle Learning; en
  • Precious Moloi-Motsepe, uitvoerende hoof van die Motsepe Foundation en Patrice Motsepe se vrou.

Media en kommunikasie:

  • Adri Senekal de Wet, uitvoerende redakteur van Business Report (haar doopnaam en getroude van is Christina de Wet);
  • Christopher Bishop, hoof van programmering by CNBC Africa;
  • Lukanyo Mnyanda, redakteur van Business Day;
  • Khanyisile Kweyama, voorsitter van Brand South Africa;
  • Mamokgethi Phakeng, visekanselier van die Universiteit van Kaapstad; en
  • Skye Meaker, jong fotograaf
Meer oor:  Patrice Motsepe  |  Davos  |  Wef  |  Wêreldekonomie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.