Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Dié is Supra se ‘idees’ vir toerisme

Supra Mahumapelo, voormalige premier van Noordwes en nou voorsitter van die parlement se portefeuljekomitee oor toerisme, het ’n paar idees gehad oor wat South African Tourism (SAT) kan doen om toerisme in die land ’n hupstoot te gee.

Supra Mahumapelo Foto: Argief

Dié staatsentiteit het Dinsdag voor die komitee verskyn om sy aangepaste begroting voor te lê nadat die departement van toerisme verlede week om dieselfde rede voor die komitee verskyn het.

Maar Mahumapelo het ’n paar voorstelle gehad in plaas van vrae oor die begroting.

Hy het gemeen SAT moet met die nasionale koronavirusbevelsraad skakel om te kyk na die moontlikheid om Britse toeriste vir mediese behandeling (sogenaamde mediese toerisme) in hierdie tyd na Suid-Afrika te lok. Hy reken die Britte, en burgers van talle ander lande, het ’n behoefte hieraan, waarin Suid-Afrika kan voldoen.

Hy voer aan Brittanje beskik oor ’n nasionale gesondheidsversekeringstelsel wat die meeste van sy burgers toegang gee tot gratis mediese sorg, of groot afslag daarop. “Daar is baie ryk mense in die wêreld.”

Volgens Mahumapelo kan pasiënte dan kom, hul behandeling hier ontvang, selfs vir Covid-19 ook, en in wildplase onder kwarantyn gehou sodat hulle ook wild kan besigtig op hul besoek aan Suid-Afrika.

Hy meen die bevelsraad sal instem tot hierdie idee as die SAT dit goed genoeg bemark.

Mahumapelo meen ook ’n telefoonlyn of e-posadres moet vir die publiek in werking gestel word om SAT te kontak met idees vir hoe die ekonomiese verwoesting van die toerismebedryf teengewerk kan word. Hy het SAT gevra om ondersoek in te stel na die lewensvatbaarheid van die idee.

Die SAT se begroting is met 72% besnoei van R1,5 miljard tot R438 miljoen vir die 2020-’21-boekjaar.

Van die geld wat oorbly is meer as die helfte geoormerk vir salarisse. Die entiteit beoog nie tans afleggings nie, want hy wil gereed wees vir wanneer plaaslike en internasionale ontspanningsreise weer toegelaat word.

Toerisme in Suid-Afrika dra 8,6% tot die bruto binnelandse produk by.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.