Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Dieper rommelstatus dreig oor bank-debakel

As die onafhanklikheid van die Suid-Afrikaanse Reserwebank in die gedrang kom, is daar ’n moontlikheid dat Suid-Afrika dieper in rommelstatus afgegradeer gaan word, sê Standard & Poor’s Global Ratings (S&P).

The headquarters of Standard and Poors in New York
As die onafhanklikheid van die Suid-Afrikaanse Reserwebank in die gedrang kom, is daar ’n moontlikheid dat Suid-Afrika dieper in rommelstatus afgegradeer gaan word. Foto: Getty Images.

“Ons beskou die prestasiegeskiedenis en onafhanklikheid van die Reserwebank as ’n belangrike sterk punt van die gradering,” het Ravi Bhatia, ’n S&P-direkteur, per e-pos aan Bloomberg gesê.

S&P gradeer Suid-Afrika se staatskuld in rand een vlak onder beleggingsgraad, en staatskuld in buitelandse geldeenhede nog ’n vlak laer. Moody’s Investors Service is die enigste van die drie groot kredietgradeerders wat Suid-Afrika steeds op beleggingsgraad gradeer.

S&P se opmerking kom ná ’n week van binnegevegte oor die mandaat van die Reserwebank, in dieselfde week waarin bekend gemaak is Suid-Afrika se ekonomie het met 3,2% ingekrimp in die eerste kwartaal van die jaar.

Die kombinasie van faktore het die rand se swakste week sedert Oktober veroorsaak.

Die geldeenheid het Vrydagoggend tot selfs R15,17 teenoor die dollar verswak voordat dit namiddag veld herwin het tot R14,96.

Die versterking het gekom nadat die VSA syfers oor indiensneming uitgereik het. Hoewel 75 000 nuwe poste geskep is, was dit minder as wat ontleders verwag het.

Dit skep die verwagting dat die Federale Reserweraad (Fed) nie weer vanjaar die rentekoers gaan verhoog nie en dalk selfs sal verlaag.

Laer Amerikaanse rentekoerse kan die rand ondersteun omdat dit Suid-Afrikaanse effekte ’n meer aanloklike beleggingsbestemming maak.

Die Fed het ’n tweeledige fokus op inflasiebeheer (in dié stadium met die doelwit om te verseker dat inflasie nie laer as 2% daal nie) en indiensneming, albei as maatstawwe van hoe die ekonomie vaar.

Die Fed besluit weer op 31 Julie oor die rentekoers, twee weke nadat die Reserwebank op 18 Julie aankondig wat hy oor plaaslike rentekoerse doen.

Al hoe meer ekonome verwag dat die Reserwebank binnekort sy repokoers sal verlaag in die lig van die negatiewe ekonomiese groei en ook gegewe dat inflasie binne beheer blyk te wees.

Meer oor:  Rand  |  Rommelstatus  |  Kredietgradeerders  |  Kredietgradering  |  Bbp  |  Reserwebank
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.