Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
‘Dís wat SA moet doen om ekonomie te red’

Die Covid-19-pandemie het die Suid-Afrikaanse ekonomie ’n groot knou toegedien, maar dit het ook net méér lig geplaas op die benarde situasie wat jare lank reeds heers.

Wendy Lucas-Bull wat Christo Wiese as voorsitter van Shoprite opvolg.

Daar kan nie meer gewag word om dringend aan die werk te spring om die ekonomie weer om te keer nie.

So sê Wendy Lucas-Bull, voorsitter van Absa, Dinsdag in haar voordrag gedurende die jaarlikse The Directors Event.

Dié geleentheid is vanjaar aanlyn aangebied.

Lucas-Bull sê daar is ’n paar dringende vraagstukke wat volgens haar aandag moet geniet. Dit sluit in:

  • Staatsondernemings wat kritiek is vir die ontwikkeling van die ekonomie moet hervorm en goed bestuur word. Dit sluit Eskom, die Suid-Afrikaanse Inkomstediens en Transnet in.
  • Die land se kragprobleme moet opgelos word. Probleme by Eskom moet uitgesorteer word en krag moet teen bekostigbare tariewe voorsien word. Daar moet aandag gegee word aan hoe onafhanklike kragprodusente krag kan lewer, en hernubare energiebronne gebruik kan word.
  • Breëbandspektrum moet dringend toegeken word. “Die staat se vinnige reaksie gedurende die strenger vlakke van inperking toe spektrum wel beskikbaar gemaak is, wys as daar ’n wil is om dit te doen, kan dit vinnig gedoen word.”
  • Regulasies vir visums moet dringend hersien word. “Die land moet dit maklik maak vir toeriste om die land te kan besoek.”
  • Goeie bestuur is nodig in die private en openbare sektor. Korrupsie moet orals uitgeroei word om só beleggings te lok.
  • Kleinsake moet behoorlik ondersteun word. “Breek groter kontrakte op in kleiner dele om dit vir kleiner ondernemings moontlik te maak om ook aan tenderprosesse deel te neem. Betaal kleinsake betyds.”
  • Die media moet toegelaat word om ’n sterk en onafhanklike bydrae te lewer.

Van die medium- tot langtermynprobleme wat Lucas-Bull meen aandag moet kry, is:

  • Werkskepping: Daar moet veral op sektore soos konstruksie, kleinhandel en toerisme gefokus word wat groot geleenthede vir indiensneming bied.
  • Die private sektor moet die regering help om “ ’n bekwame staat” te skep.
  • Openbare infrastruktuur moet opgeknap word. Nie net sal dit werk skep nie, maar deur byvoorbeeld pad-, spoor- en kommunikasie-infrastruktuur op te knap, sal dit ekonomiese groei ook in afgeleë gebiede in die land steun.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.