Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Discovery: Leiers kan ekonomie help groei

Suid-Afrika moet ongetwyfeld groot ekonomiese uitdagings trotseer, maar dit beteken nie hulle is onoplosbaar nie.

Adrian Gore, uitvoerende hoof van Discovery.Foto: Argief

Dit was Adrian Gore, uitvoerende hoof van Discovery, se boodskap op sy openingsrede by dié finansiëledienstefirma se leierskapsberaad, wat in Sandton, Johannesburg, gehou word.

Gore het verskeie ekonomiese statistieke van Suid-Afrika – van die grootte van die JSE tot pensioenfondse – met dié van ander Afrikalande vergelyk.

Hy sê Suid-Afrika se ekonomie is baie groter as lande op die res van die kontinent en lyk ook nie sleg in vergelyking met van die kleiner Europese lande nie.

“Ons mark laat groot maatskappye soos Discovery, Standard Bank, Anglo American, om net ’n paar te noem, ontwikkel.

“Ja, ons het ernstige probleme. Alle lande het probleme, maar ons beskou dit as onoplosbaar,” sê hy.

“Onthou, selfs wanneer die ekonomie behoorlik groei, is daar steeds probleme.”

Gore sê een van die uitdagings is dat Suid-Afrika as ’n riskante beleggingsbestemming beskou word.

“Wanneer jy na die wisselvalligheid van ons ekonomiese groei kyk, is ons eintlik baie stabiel.

“Net omdat ons ekonomie nie baie vinnig groei nie, beteken dit nie ons ekonomie is ’n riskante beleggingsbestemming nie,” sê hy.

“Ons berekeninge wys mense glo die land is baie riskanter om in te belê as wat dit regtig is.

“Ons as leiers moet begin om die potensiaal van ons ekonomie raak te sien en daarop te fokus,” sê hy.

Gore is oortuig daarvan as leiers hul storie oor Suid-Afrika verander, dit ’n positiewe bydrae tot ekonomiese groei sal lewer.

Ander sprekers later Donderdag op die beraad sluit in Bill Clinton, voormalige Amerikaanse president, en sy vrou, Hillary Rodham Clinton, voormalige Amerikaanse minister van buitelandse sake en presidentskandidaat, asook David Cameron, voormalige Britse premier.

Meer oor:  Discovery  |  Adrian Gore  |  Leierskap  |  Ekonomie  |  Ekonomiese Groei
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.