Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Dít is waaroor mense by taksombud kla
Foto: iStock

Terugbetalings waarop belastingbetalers geregtig is, maar waarmee die SAID sloer, is die klag waarvoor verreweg die meeste mense by die belastingombud aanklop. (Sien grafika onder.)

Die ombud sê in sy verslag vir die jaar tot einde Maart het hy 17 920 navrae gehad, waarvan 3 652 klagtes oor die SAID – dus vaagweg binne sy mandaat – was.

Verreweg die meeste klagtes, byna 66%, kom van belastingbetalers in Gauteng.

Die meeste klagtes was oor probleme met terugbetalings (35%).

Die ombud sê hy het 1 479 klagtes aanvaar, waarvan hy 1 404 opgelos het.

Die feit dat die ombud klagtes oplos, beteken egter nie die SAID het belastingbetalers vinnig terugbetaal nie.

’n Enorme 950 uit 1 404 klagtes wat opgelos is, oftewel 68%, is eers ná meer as 91 dae wat dit aan die SAID gestuur is, afgehandel.

Slegs een klagte wat aangestuur is, is binne 15 dae deur die SAID afgehandel.

Die grootste terugbetaling wat die ombud bewerkstellig het, was vir belasting op toegevoegde waarde (BTW) ter waarde van meer as R158 miljoen.

Die tweede grootste terugbetaling was een van sowat R91 miljoen, ook vir BTW.

Van die grootste probleme wat belastingbetalers met die SAID ervaar, is:

  • Vertraging in terugbetalings omdat dokumente soos wat deur die SAID versoek is en wel ingedien is, nie aan die belastingbetaler se lêer gekoppel word nie.
  • Die SAID gebruik die verskoning dat die indien van nuwe aanslae terugbetalings vertraag.
  • Terugbetalings word onnodig gestop en daar is vertragings om die “stoppers” van lêers te verwyder.
  • Die SAID gebruik historiese aanslagte om huidige terugbetalings te vertraag.
  • Die SAID versoek dat inligting wat reeds voorheen aangevra is en ingedien is, wéér ingedien word.
  • Geen terugbetalings is gemaak nie, al is dispute suksesvol opgelos.
  • Die SAID ken nie betalings toe wat reeds deur belastingbetalers gemaak is nie.
  • Die SAID verskaf verskillende tydperke aan belastingbetalers oor hoe lank dit gaan duur om ’n oudit of ondersoek af te handel.
  • Die SAID hou belastingbetalers wat teikens van identiteitsdiefstal was, verantwoordelik vir belastingskuld, selfs waar die SAID bewus was van die probleem.
  • Die SAID neem nie inligting wat hy self versoek het in ag wanneer hy ’n aanslag hersien nie.

“Ons is beïndruk met die manier hoe ons regverdigheid in die land se belastingadministrasiestelsel bevorder het en ons sien uit daarna om met ander belanghebbendes te werk om nie net die belastingbetalers se regte te bevorder en te beskerm nie, maar ook om belastingaanspreeklikheid te bevorder,” sê regter Bernard Ngoepe, die belastingombud.

“Die kantoor het gehelp om duisende belastingbetalers se klagtes teen die inkomstediens in die afgelope vyf jaar op te los, maar daar is nog baie wat gedoen moet word.”

Só help die belatsingonbud Suid-Afrikaners.

Meer oor:  Said  |  Sars  |  Belastingombud  |  Belastinggaarder  |  Suid-Afrikaanse Inkomstediens  |  Jan Taks  |  Ombudsman  |  Belasting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.