Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Dobbeltaks lê goue eiers vir provinsies
Die Wes-Kaapse regering kry 19% van sy selfgegenereerde inkomste uit dobbelbelasting.

Moenie die dobbel-gans se nek omdraai nie, want die provinsies soek daardie goue eiers.

Die Wes-Kaapse regering, en straks al die ander provinsies met groot dobbelbedrywighede, het ’n groot belang by die nasionale wysigingswet op dobbel wat in die parlement bespreek word.

Die Wes-Kaapse regering kry 19% van sy selfgegenereerde inkomste uit dobbelbelasting, blyk uit ’n voorlegging Vrydag aan die parlement se portefeuljekomitee oor handel en nywerheid deur Claire Horton, ’n amptenaar van die provinsiale regering wat met dobbelwetgewing werk.

Die dobbelbelasting is naas motorvoertuiglisensiegelde die grootste bron van eie inkomste vir die provinsie, het Horton aan die komitee verduidelik, so dit is baie belangrik vir die provinsie.

Die 19% waarna sy verwys is die provinsie se inkomste uit eie inkomstebronne in die 2017-’18-boekjaar. Vir die lopende boekjaar van 2018-’19 verwag die provinsie eie inkomste van R3,023 miljard, wat 4,7% van sy totale hulpbronne uitmaak. Gegrond hierop kan bereken word dat die provinsie waarskynlik sowat R575 miljoen uit dobbelinkomste per jaar kan invorder.

Die Wes-Kaap en ander provinsies met groot dobbelbedrywighede het dus groot belang daarby dat die nuwe dobbelwetgewing nie dié inkomstebron ontwrig nie.

Horton het gewys op die magte wat die Grondwet aan provinsies gee om sake soos dobbelary self te reguleer, spesifiek die magte om die maksimum toelaatbare dobbellisensies uit te reik.

’n Mens kan in Gauteng nie eens meer jou kinders vir ete uitvat of jy struikel oor van dié masjiene nie.
Joanmariae Fubbs

Joanmariae Fubbs, voorsitter van die komitee, asook ander ANC-parlementslede, het juis Vrydag kapsie gemaak teen wat hulle beskou as die ongebreidelde uitbreiding van dobbelmasjiene, soos die beperkte-uitbetaaldobbelmasjiene wat by bingo-sale, hotelle of tavernes geïnstalleer word.

“ ’n Mens kan in Gauteng nie eens meer jou kinders vir ete uitvat of jy struikel oor van dié masjiene nie,” het Fubbs gekla.

Die Wes-Kaap se begrotingsinkomste 2017-'18

Horton stem wel saam die uitbreiding van beperkte-uitbetaalmasjiene moet in fases plaasvind in die konteks van verslawende of kompulsiewe dobbelary en die sosio-ekonomiese impak daarvan. Sy stem saam die beoogde nasionale dobbelreguleerder móét die impak van dobbel monitor.

Dit blyk die nuwe wetgewing wil provinsies se magte verwater om self te besluit hoeveel dobbellisensies of beperkte-uitbetaalmasjiene op ’n sekere perseel toegelaat mag word. Dit maak nou voorsiening dat ’n nasionale dobbelreguleerder die mag kry om finaal daaroor te besluit.

Yvonne Skepu, bestuurder van regsdienste by die Wes-Kaapse regering, sê dié deel van die wetgewing moet geskrap word. Die reguleerder moet eerder net toesig hou en sorg dat provinsiale lisensie-owerhede hul werk reg doen. Die provinsies moet steeds die reg behou om oor dobbellisensies te besluit.

ANC-lede van die komitee wou niks hiervan hoor nie en het gesê Suid-Afrika is ’n unitêre staat en provinsies kan nie net doen wat hulle wil nie.

Die Wes-Kaap se verwagte provinsiale inkomste 2018-'19

Meer oor:  Belasting  |  Dobbelbedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.