Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Rand sak terug tot R13,85
Die rand is op R13,66 teenoor die dollar.

Die rand het Vrydag behoorlik die wind van voor gehad.

Amerika se besluit om nuwe sanksies teen Rusland toe te pas, het geldeenhede van ontluikende markte Donderdag beduidend laat verswak.

Dié tendens het Vrydag voortgeduur.

Bloomberg berig Amerika het die besluit geneem ná ’n beweerde chemiese aanval op ’n voormalige Russiese spioen en sy dogter wat nou in Brittanje woon.

Luidens ’n woordvoerder van die Withuis sal die uitvoer van onder meer elektronika en lasers na Rusland beperk word.

Dié nuus het die roebel, die Russiese geldeenheid, met meer as 4% laat tuimel.

Boonop het nuus dat die Turkse ekonomie basies aan flarde is die geldeenheid dáár – die lira – tot die laagste vlakke ooit teenoor die dollar laat val.

Reuters berig die verwagting dat die Amerikaanse ekonomie gaan aanhou groei en dat die Federale Reserweraad rentekoerse vanjaar nog twee keer gaan verhoog, asook kommer oor die dreigende handelsoorlog tussen Amerika en China het die dollar net nóg meer gesteun.

Hoewel dit op die tuisfront stil was weens Vrouedag het dié gebeure ’n beduidende invloed op die rand gehad wat met meer as 2% tot R13,71 verswak het.

Die rand het vroeg Vrydagoggend teen R13,66 teenoor die dollar begin verhandel, maar het teen 09:00 tot R13,85 teruggesak.

Hy het ook teenoor ander groot geldeenhede teruggesak.

Die rand het Vrydagoggend teen R17,59 teenoor die pond en R15,74 teenoor die euro verhandel.

Met die hulpbronne staan sake vroeg Vrydagoggend só:

  • Goud: $1 212 per fynons
  • Platinum: $833 per fynons
  • Olie: $72,10 per vat

Digitale geld

  • Bitcoin: $6 493,08
  • Ethereum: $362,90
Meer oor:  Vsa  |  Turkye  |  Rusland  |  Rand  |  Dollar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.