Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Dollar bult spiere, rand sak terug

Die dollar het die afgelope naweek behoorlik sy spiere gebult.

dollar, rand
Die dollar sou jou vroeg Maandagoggend R14,29 kos. Foto: Elvira Wood

Dit volg nadat beter as verwagte ekonomiese groeisyfers Vrydagaand in Amerika bekend gemaak is.

Reuters berig die Amerikaanse ekonomie het jaar-tot-jaar met 2,1% in die tweede kwartaal gegroei.

Dit het die dollar wêreldwyd teenoor verskeie geldeenhede laat verstewig.

Die rand het behoorlik die spit afgebyt. Dit het vroeg Maandagoggend teen R14,29 teenoor die dollar verhandel.

Dié week kan ’n onstuimige week vir die rand wees, aangesien die Federale Reserweraad (Fed) Woensdagaand oor rentekoerse in Amerika besluit.

Reuters berig die verwagting is dat die Fed nou definitief rentekoerse sal verlaag.

Hoewel ’n laer rentekoers moontlik die dollar kan laat terugsak, sê Sjinitsjiro Kadota, senior strateeg by Barclays in Tokio, Japan, dat gegewe die swakker Europese syfers, ’n laer rentekoers waarskynlik nié die dollar sal laat terugsak nie.

Die rand het vroeg Maandagoggend teen R17,67 teenoor die Britse pond en R15,90 teenoor die euro verhandel.

Met hulpbronne staan sake soos volg:

  • Goud: $1 433,20 per fynons
  • Platinum: $866 per ons
  • Olie: $63,15 per vat

Digitale geld

  • Bitcoin: $9 671,11/R145 002
  • Ethereum: $213,53/R3 205

Meer oor:  Vsa  |  Rand  |  Dollar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.