Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Doodspiraal van rommelstatus dreig

Dit is nie net Moody’s Investors Service se dreigende afgradering waaroor Suid-Afrika moet bekommerd wees nie – die kredietgradeerder Standard and Poor’s (S&P) gaan moontlik óók die land se vooruitsig vandeesweek na negatief verander.

Standard & Poor’s, die wêreld se grootste kredietgradeerder, se hoofkantore in New York. Foto: Getty Images

S&P is tans die enigste van die drie groot kredietgradeerders wat Suid-Afrika se vooruitsig as stabiel beskou.

Reeds sedert 2017 is Suid-Afrika se kredietgradering by S&P vir staatseffekte in buitelandse geldeenhede al twee vlakke onder beleggingsgraad – die laagste uit die drie gradeerders op vlak BB. S&P was die eerste gradeerder om die sweep te klap nadat oudpres. Jacob Zuma ’n reeks ministers van finansies in ’n kort tydperk aangestel en afgedank het.

Die gradering vir randgedenomineerde effekte is een vlak onder beleggingsgraad.

’n Peiling onder 22 ekonome deur Bloomberg wys dat 16 van hulle nou verwag dat S&P Vrydag sy vooruitsig vir die land na negatief sal wysig. Dit sal beteken nog erger afgraderings vanaf S&P wink.

“Dit is nie die einde van die graderingskaal nie,” het Sanisha Packirisamy, ’n ekonoom van Momentum Investments, gesê.

“As ons aanhou om ’n verdere agteruitgang in die fiskale statistieke te sien en staatskuld steeds hoër bly (en daar is geen teken daarvan dat dit in die medium-termyn sal stabiliseer nie), word dit ’n werklike bedreiging vir die land se graderings.”

’n Verdere afgradering sal beteken dat dit die land nóg langer sal neem om sy beleggingsgraadstatus by S&P terug te kry, al is daar grootskaalse hervorming.

Gekonfronteer met ’n afgryslike hersiening van alle fiskale teikens deur die Suid-Afrikaanse regering, en in die afwesigheid van beduidende positiewe hersienings, sal Moody’s geen ander keuse hê as om met S&P en Fitch in lyn te kom en die graderings te verlaag nie.
Cristian Maggio

Moody’s, wat vir ’n wyle nog alleen staan en Suid-Afrika se kredietgradering op beleggingsgraad ag, sal dan verder uit pas val met die ander gradeerders wat die land al meer as twee jaar lank onder beleggingsgraad gradeer.

Moody’s is reeds onder druk om op te hou om vir Suid-Afrika soveel kanse te gee. Sedert 1 November het Moody’s die land ’n amptelike negatiewe vooruitsig gegee, wat volgens die meeste ontleders die begin van die finale klokslag is.

In ’n Bloomberg-opname het 86% van ekonome gesê Moody’s sal Suid-Afrika volgende jaar tot rommelstatus afgradeer en nie net tot onder beleggingsgraad nie.

“(Moody’s) het tot dusver ’n ongelooflike, en om eerlik te wees, ’n onregverdigbare teësinnigheid getoon om Suid-Afrika se graderings tot rommel te laat val,” sê Cristian Maggio, hoof van ontluikende markstrategie van TD Securities.

“Gekonfronteer met ’n afgryslike hersiening van alle fiskale teikens deur die Suid-Afrikaanse regering, en in die afwesigheid van beduidende positiewe hersienings, sal Moody’s geen ander keuse hê as om met S&P en Fitch in lyn te kom en die graderings te verlaag nie.”

Annabel Bishop, hoofekonoom van Investec, het in ’n onderhoud met Netwerk24 gesê dit is uiters belangrik om te onderskei tussen onder beleggingsgraad en werklike rommelstatus.

Die meeste ontledings voorspel tans ’n rampspoedige vooruitsig vir die land indien al drie gradeerders Suid-Afrika as onder beleggingsgraad sou gradeer. “Dit is nie tegnies rommelstatus nie,” het Bishop beklemtoon. Die newe-effekte is steeds erg genoeg. Bishop self verwag in so ’n geval dat minstens R100 miljard die land sal uitvloei en die reeds beleërde ekonomiese aanwysers vinnig en erg agteruit sal laat boer.

Maar indien S&P se vooruitsig ook negatief is, word die moontlikheid van werklike rommelstatus, of C-klas-graderings, kommerwekkend.

In ’n Bloomberg-opname het 86% van ekonome gesê Moody’s sal Suid-Afrika volgende jaar tot rommelstatus afgradeer en nie net tot onder beleggingsgraad nie. Dit is in vergelyking met 27% wat in ’n opname voor die mediumtermynbegrotingsraamwerk gesê het dat die land teen die einde van 2020 slegs tot onder beleggingsgraad sal val.

– Bloomberg, verwerk

kredietgradering

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.