Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Drankbedryf hervat betaling van aksyns
beer
Die drankbedryf het die betaling van aksyns hervat.

Die drankbedryf het die betaling van aksyns hervat wat in Oktober sowat R2,5 miljard tot die staatskas sal bydra.

Die bedryf het met die tweede verbod op drankverkope tydens die inperking in Julie en Augustus 90 dae uitstel vir die betaling van aksyns gekry.

Sibani Mngadi, ’n woordvoerder van die bedryf, het gesê die handel in drank het in so ’n mate herstel dat die aksyns nou betaal kan word.

Die bedryf is egter steeds bekommerd daaroor dat drankwinkels nog nie hul normale handelsure mag hervat nie. Die verkope is tot weekdae beperk. Mngadi het gesê dit belemmer die herstel van die bedryf.

“Die drankverbod het ernstige finansiële druk op die bedryf geplaas en ’n herstel gaan lank vat, indien nie jare nie.”

Hy maan teen ’n verhoging in aksyns van bo inflasie met die nasionale begroting in Februarie 2021, wat die herstel van die bedryf onder verdere druk sal plaas.

In 2019 het die bedryf R72 miljard in BTW, aksyns en doeane bygedra, wat 5,6% van die regering se totale inkomste beloop.

Volgens hom verskaf die bedryf 504 000 werkgeleenthede.

Meer oor:  Drank  |  Aksyns  |  Btw  |  Sondebelasting  |  Belasting  |  Drankverbod  |  Drankbedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.