Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Drankbedryf verwelkom tesourie se voorstel oor aksyns
Foto ter illustrasie: Gallo Images/Getty Images
Die koop en verspreiding van alkohol is steeds verbode. Foto: Gallo Images/Getty Images

Die drankbedryf het die uitstel verwelkom wat die nasionale tesourie voorgestel het op die aksynsbelasting wat op drankprodukte betaal moet word.

Die uitstel tree in werking wanneer die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) dit afkondig.

Die nasionale tesourie het voorgestel dat ’n uitstel van 90 dae gegee word op die aksyns wat in Augustus en September betaalbaar is.

Sibani Mngadi, woordvoerder vir die drankbedryf, sê die bedryf het in Julie aansoek gedoen om die betaling van R5,1 miljard se aksynsbelasting uit te stel totdat die verbod op verkope opgehef is.

Die reaksie van die nasionale tesourie hierop word verwelkom, sê hy.

“Die hervatting van die verbod op drankverkope op 12 Julie bring ’n verlammende finansiële krisis vir die bedryf en sy waardeketting mee. Die volhoubaarheid van die sektor, nou en ná die Covid-19-era, is afhanklik van hierdie uitstel om verdere werkverliese te voorkom.”

Volgens hom het die bedryf ’n beroep gedoen op die regering om ’n meer doelgerigte benadering tot die hantering van alkoholmisbruik te volg. Dit moet insluit geteikende ingrypings om verantwoordelike gebruik te bevorder.

“Die feit dat die Mediese Navorsingsraad ook ’n beroep gedoen het dat die algehele verbod op verkope opgehef word, bevestig ons siening dat daar ’n beter en meer volhoubare alternatief vir die verbod is.”

Die bedryf het hom vroeër al daartoe verbind om ’n “sosiale verdrag” met die regering aan te gaan. Dit behels ’n belofte wat die bedryf maak om hom daartoe te verbind om gedragsverandering met alkoholgebruik te bevorder en misbruik te bekamp.

Meer oor:  Staat Van Inperking  |  Belasting  |  Drankverbod  |  Drankverkope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.