Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Drankwinkels vrees vir verbod van middernag af

Die drankbedryf vrees hier kom nog 'n verbod van middernag af, maar die meeste rolspelers in die drankbedryf wou nie Dinsdagmiddag kommentaar lewer op gerugte dat nóg ’n moontlike verbod op drankverkope ingestel gaan word nie.

drankverbod
Gaan die glase in kroeë en restaurante eers leeg bly? Die land wag om te hoor wat pres. Ramaphosa Dinsdagaand gaan sê wanneer hy die land toespreek. Foto: Unsplash

Bespiegeling het reeds Dinsdagoggend die ronde begin doen dat pres. Cyril Ramaphosa die land binnekort sou toespreek.

Teen die middag is bevestig dat hy Dinsdag om 20:00 sal praat.

Een bron in die bedryf het aan Netwerk24 gesê dit is beter om te wag voordat gereageer word op gerugte oor ’n moontlike nuwe drankverbod.

Gerugte loop dat ’n algehele verbod op drankverkope van Dinsdag om middernag kan geld tot 20 Junie, waarna verkope weer net tot vier dae per week beperk sal word.

Die drankbedryf het reeds vroeër vanjaar uit verskeie oorde beroepe op Ramaphosa gedoen om nie weer ’n drankverbod in te stel nie.

Toe hy die vorige keer met die land gepraat het, het hy nie ’n woord gerep oor drankverkope nie.

LEES OOK: Cyril, die drankbedryf sê dankie

Maar die afgelope week het medici hul stemme gevoeg by ’n groeiende aantal kenners wat voel dit is nodig dat skole gesluit word en ’n drankverbod heringestel word.

Netwerk24 het Dinsdag berig prof. Susan Goldstein, ’n kenner in openbare gesondheid aan die Universiteit van die Witwatersrand (Wits), stel voor die regering kyk na maatreëls wat drankverkope reguleer en nie noodwendig ’n algehele verbod op drankverkope nie.

Christo Conradie, Vinpro se bestuurder vir wynkelders, het aan Netwerk24 gesê dit sal ondeurdag wees om nou ’n drankverbod in te stel wat sal geld vir alle provinsies.

“Ons het begrip dat die verspreiding van die virus beheer moet word, maar dit moet op ’n verantwoordelike wyse gedoen word.”

Vinpro glo ’n geteikende benadering wat fokus op provinsies se syfers moet oorweeg word en enige besluite wat oor inperkings geneem word, moet eerder gegrond wees op provinsies se infeksiekoerse en opnames in hospitale en waakeenhede.

Hy sê die regering kan wel oorweeg om die getalle van mense wat byeenkomste bywoon, te verminder. 

Meer oor:  Inperking  |  Drankverbod  |  Drankbedryf  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.