Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Druk op die rand nog nie verby

Die rand gaan nie binnekort die partytjie van opkomende markte se geldeenhede bywoon nie, toon ’n ontleding van tegniese aanwysers.

Die rand het die week met 2,5% (bykans 40c) verswak na die vorige Vrydag (31 Mei) se sluitingsprys van R14,58.

Die indeks oor sy relatiewe sterkte wat aantoon of ’n sekuriteit soos ’n geldeenheid oorverkoop of te veel gekoop is, toon die rand het nog ruimte om te verswak. Dit het pas sy swakste week sedert Februarie beleef.

Boonop het die rand deur ’n vlak gebreek wat in tegniese ontledings gebruik word – wat aandui hy kan tot R15,70 verswak. Hy was laas in September op dié vlak gedurende die dag.

In September verlede jaar het die rand skerp verswak tot sy swakste vlak die afgelope jaar toe dit op 5 September op R14,42 gesluit het.

Gedurende die afgelope week het dit skerp verswak toe BBP-syfers vir die eerste kwartaal getoon het dat die ekonomie die ergste sedert 2009 ingekrimp het. Vrydagoggend het dit tot R15,17 teenoor die dollar verswak, wat die swakste vlak in nege maande was.

Die rand was laas so swak toe bekend gemaak is Suid-Afrika was in 2018 vir twee kwartale lank in ’n resessie.

Vrydagmiddag het dit egter versterk en op R14,95 gesluit, toon Iress.

Dié vlak is laas op 12 September gesien.

Dit beteken die rand het die week met 2,5% (bykans 40c) verswak na die vorige Vrydag (31 Mei) se sluitingsprys van R14,58.

Die binnegevegte in die ANC oor die Reserwebank se mandaat het bygedra tot die verswakking.

Die nuus dat Dondo Mogajane, direkteur-generaal van die tesourie, in Japan op die G20-lande se byeenkoms vir ministers van finansies gesê het Eskom gaan nog hulp kry, gaan waarskynlik weer druk op die rand plaas. Boonop het die SAL ook Vrydag aangekondig hy soek nóg R4 miljard van die staat om oorbruggingsfinansiering terug te betaal sodat hy weer geld by banke kan leen.

Matete Thulare, ’n ontleder van FirstRand Bank, het gesê die prentjie lyk baie sleg vir die rand.

Piotr Matys, ’n valutastrateeg van Rabobank in Londen, het gesê die tendens van die begin van die jaar af van hoe die rand teen die dollar verhandel duur voort.

“Die onderliggende tendens in die Suid-Afrikaanse ekonomie is baie swak en sal nie verander totdat wesenlike vordering gemaak word met strukturele hervorming nie.”

Die rand het die jaar teen R14,39 teen die dollar afgeskop. – Bloomberg en bygewerk

Meer oor:  Nasionale Tesourie  |  Wisselkoers  |  Ekonomie  |  Rand  |  Dollar  |  Bbp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.