Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Duisende Britte in Kaapstad verwag

Die Kaapstadse metroraad sê sy beleggings in toerisme werp vrugte af met bykans 50 000 besoekers van Brittanje wat in die piek-toerismeseisoen verwag word.

Die seisoen strek van Desember tot Maart aanstaande jaar.

James Vos, Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir handel en belegging, sê in ’n verklaring dit is ’n toename van 30% vergeleke met die getal vir dieselfde tydperk verlede jaar.

Uit Duitsland word ’n toename van 20% verwag en 11 % uit die VSA.

Die syfers is gegrond op vlugbesprekings.

Minstens 50 000 besoekers van Brittanje word van Desember tot Maart in Kaapstad verwag. Foto: Facebook/Tourism Cape Town

“Hierdie groot toenames uit sommige van ons sleutelbronmarkte toon dat ons die toeristegetalle na ons stad kan verhoog deur die implementering van suksesvolle strategieë,” sê Vos.

“Ons inwoners en sakeondernemings sal ook uiteindelik voordeel trek.”

Vos sê die metro bied geld aan die Air Access-inisiatief, wat die mandaat het om huidige vlugroetes uit te brei en nuwe roetes te beveilig om toerisme en handel ’n hupstoot te gee.

Dit het bygedra tot die skepping van 16 nuwe roetes, 22 uitbreidings vir roetes en het die internasionale sitplekvermoë tot 1,5 miljoen tweerigting-sitplekke vergroot.

Hy sê die bou van bote en toerisme op skeepvaarte kan verder groei en die metro werk aan die nodige strategieë sodat dit die “volle potensiaal” sal bereik.

Meer oor:  Kaapstad  |  Ekonomie  |  Toerisme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.