Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Duisende in SA sê: EskomSePush

Terwyl die land weer gewoond moet raak aan beurtkrag, wend duisende mense hulle tot die gewilde beurtkrag-app EskomSePush.

Die app met die stuitige naam het in April 2015 te midde van die vlaag ontwrigtende kragonderbrekings die lig gesien en het al verskeie eerbewyse gewen.

Die app stuur kennisgewings (push-notifications) oor beurtkrag na gebruikers wat daarop registreer om te sien hoe laat ’n spesifieke buurt in die duister gehul kan word.

Die app dek onder meer Johannesburg, Kaapstad, Pretoria, Polokwane, Durban, Port Elizabeth, Oos-Londen, die Oos-Rand, Heidelberg (Gauteng), Bloemfontein, Pietermaritzburg, Richardsbaai, Vanderbijlpark en Kimberley.

Fase 4-beurtkrag is Maandag vir die eerste keer in ’n baie lang tyd ingestel.

Luidens ’n verklaring deur Eskom se direksie het sewe eenhede binne vyf uur onklaar geraak, wat die inwerkingstelling van fase 4-beurtkrag genoodsaak het.

Eskom het aanvanklik beplan om Maandag fase 2-beurtkrag in te stel weens ’n tekort aan opwekkingsvermoë en ’n tekort aan diesel vir noodkragsentrales oor die naweek.

Fase 3-beurtkrag is Dinsdagoggend ingestel. Dit beteken Eskom het ’n tekort aan 3 000 MW se elektrisiteit.

Eskom sê op sy webtuiste die Koeberg-kernkragsentrale verskaf sowat 5% van die land se totale kragbehoefte en sowat 50% van dié van die Wes-Kaap.

Die Wes-Kaap moet dus 50% van sy krag uit dié dele van die land kry waar daar tans nie genoeg krag opgewek word nie.

Grafika24
Meer oor:  Beurtkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.