Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Duisende vragmotors op pad na KZN

Teen Sondagmiddag was sowat 93 vragmotors per uur op die N3 op pad na KwaZulu-Natal van Gauteng af.

’n Ry vragmotors van Shoprite vertrek in Gauteng met tonne noodsaaklikhede vir KwaZulu-Natal. Foto: Verskaf

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, was Sondag by die N3-weegbrug by Heidelberg. Die N3 is reeds die afgelope twee dae ten volle oopgestel vir verkeer.

Gordhan het aan die TV-stasie Newzroom Afrika gesê die afgelope 24 uur het 1 800 vragmotors dié roete aangepak.

Die private sektor het ’n massaveldtog na die beleërde provinsie van stapel gestuur om noodsaaklikhede te bring na die gebiede wat die swaarste kry weens die afgelope week se geweldpleging en plundery.

Die Shoprite-groep, wat ook Checkers, USave en OK Foods bedryf, sê sy vragmotors is in groot groepe op pad.

Die Shoprite-groep het R1 miljoen in sy hulpfonds gestort om gemeenskappe te help.

Verbruikers kan ook geld skenk aan die Shoprite Act For Change Fund. Dit kan gedoen word by enige van Shoprite, Checkers of USave se betaalpunte deur die skenkingsbedrag by te voeg as jy vir inkopies betaal.

Dit sal gebruik word om mense in nood te help met koopbewyse sodat hulle kos en ander noodsaaklikhede kan bekom.

Shoprite sê sy ondernemings wat in die geweld geplunder en beskadig is, word herstel en met voorraad gevul sodat mense in die betrokke gemeenskappe noodsaaklikhede kan kry.

Gordhan sê die hawens is weer aan die gang en die vloei van goedere van Durban en Richardsbaai se hawens na die res van die land is het weer begin.

Meer oor:  Shoprite  |  Checkers  |  Kwazulu-Natal  |  Inkopies  |  Vervoer  |  Plundery En Geweld  |  Kleinhandel  |  Verligting  |  Vragmotors  |  Voedsel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.