Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
E-tol: Nog net 26 mense al vir boikot gevonnis

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) het nog net 26 verstekvonnisse teen motoriste gekry wat nie hul e-tol vir hul gebruik van die Gautengse snelwegstelsel wil betaal nie.

Vusi Mona, hoofbestuurder: kommunikasie vir Sanral, het Donderdag bevestig Sanral het wel begin om verstekvonnisse teen wanbetalende motoriste te kry nadat die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) Woensdag gesê het lede van die publiek het hom daaroor ingelig.

Lees ook: Om nie jou e-tol te betaal, het ernstige gevolge

Motoriste skuld Sanral al meer as R10,8 miljard aan onbetaalde e-tolgeld, volgens Mona.

’n Betoger teen Sanral se e-tolstelsel in ’n protesoptog in November verlede jaar. Foto: Deaan Vivier

Dit is die syfers uit Sanral se finansiële state vir die 2018-boekjaar, en voordat ’n afskrywing van R6,4 miljard gedoen is.

’n Verstekvonnis is ’n vonnis wat uitgereik word wanneer ’n party – in dié geval die respondent (motoris) – nalaat om enigsins op te tree in reaksie op ’n dagvaarding, of wanneer die respondent nie opgedaag het wanneer sy saak in die hof voorgekom het nie, het Mona verduidelik.

Hy het beklemtoon Sanral het nog nie vir die uitvoering van die 26 verstekvonnisse gevra wat hy tot dusver gekry het nie. Dit impliseer geen geld is nog ingesamel via dié verstekvonnisse nie.

Outa het sy lede aangeraai om die organisasie te kontak sodra hulle ’n eisbrief, dagvaarding of verstekvonnis teen hulle van Sanral af kry. Mense wat nie lid is van Outa nie, word aangeraai om ’n prokureur te spreek oor wat hulle te doen staan.

Meer oor:  Sanral  |  Vusi Mona  |  Tolpaaie  |  Infrastruktuur  |  Verstekvonnisse  |  E-Tol
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.