Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Ekonome se glas is half leeg: Hoe dit jóú raak

As ekonome se kollektiewe kristalbal reg voorspel, kan Suid-Afrikaners uitsien na ’n laer petrolprys teen die einde van die jaar, maar huiseienaars moet dalk maar ’n bietjie ruimte in hul begroting inbou vir stygende rentekoerse. 

      

Die meeste ekonome verwag dat die rentekoers vanjaar onveranderd gaan bly, maar die wiskundige konsensus is nietemin dat dit effens gaan styg. Foto: iStock

Hoe bestendig is die rand?

Dis een van die vrae waaroor ekonome wakker lê selfs noudat die rand versterk het tot vlakke wat laas voor die aanvang van die Covid-19-inperkings in Suid-Afrika gesien is. 

Die rand het verlede week tot selfs R14,14 teenoor die dollar versterk, maar daar is ’n uiteenlopende siening daaroor onder die 36 ekonome wat vanjaar aan Netwerk24, Die Burger, Beeld, Volksblad en Rapport se Ekonoom van die Jaar-kompetisie deelneem. Sien die lys deelnemende ekonome hieronder.

Aan die een kant reken prof. Danie Meyer die rand se kragtoer is net tydelik.

Aan die ander kant reken Elna Moolman die rand sal stewig bly en dalk selfs verder versterk.

Oor die algemeen is daar ’n groter mate van optimisme onder die voorspellings vir 2021 wat die ekonome in April ingedien het as in Maart. Lees ook ’n paar perspektiewe hieronder.

k

Die deelnemers moet elke maand hul voorspellings indien en sal later gemeet word aan hoe naby dit aan die werklike syfers was.

Lesers kan die veranderings in die voorspellings benut om besluite oor hul ondernemings of persoonlike geldsake te neem. ’n Sterker rand maak byvoorbeeld ’n oorsese vakansie ’n goeie plan, maar dalk nie verdere oorsese beleggings nie. Die verwagting van hoër rentekoerse beteken as jy wil huis koop, moet jy dit gou doen.

  

WAT EKONOME NOU VOORSPEL

    
k

Ekonomiese groei

Die konsensusvoorspelling vir ekonomiese groei vir 2021 is nou 3,5%.

Dit wissel van Fanie Brink se pessimistiese -2,2% tot Wilbie Venter se optimistiese 5,6%.

Hoewel die konsensus van 3,5% nie veel verander het nie, is dit interessant om daarop te let dat meer ekonome hul verwagting opwaarts aangepas het (10) as afwaarts (5). Die meerderheid (21) het egter hul verwagting onveranderd gehou.

Die grootste verandering was van 0,8 van ’n persentasiepunt. Dis met hoeveel Christo Luüs, Koos Coetzee en Sanisha Packirisamy hul verwagting verhoog het en Reuben Beelders sy verwagting verlaag het.

  

 Verbruikers

Huishoudings se besteding dryf die ekonomie grootliks aan.

Verwagtinge vir die groei daarin wissel van Fanie Brink se 1,5% tot Wilbie Venter se 9,2%. Hier het ekonome meer optimisties geword, met die konsensus wat van 3,3% tot 3,6% gestyg het.

   

Inflasie

Voorspellings vir inflasie vir 2021 wissel van Emile du Plessis se 3,5% tot dr. Roelof Botha se 4,8%.

Inflasie was in Februarie 2,9%, wat die syfer is wat ekonome vir hul voorspellings kon gebruik.

Hoewel die konsensus van 4,2% onveranderd is sedert Maart se voorspelling, is daar meer ekonome wat inflasiedruk in die ekonomie sien. Altesame 14 het hul inflasieverwagting verhoog en net 4 het hul verwagting verlaag. Die meerderheid (18) het hul verwagting onveranderd gelaat.

   

k

Staatseffekte

Die opbrengskoers op staatseffekte is die rentekoers wat die staat op sy skuld betaal. Dus, hoe hoër dit is, hoe groter die risiko dat die staat nie by sy begroting sal kan hou nie.

Ekonome verwag tans dat die opbrengs koers op staatseffekte met ’n termyn van tien jaar of langer gemiddeld tussen 7,8% en 11% sal beloop teen einde 2021, met ’n konsensusverwagting van 9,8%. Dis teenoor die 9,52% wat dit in Februarie beloop het, volgens die Reserwebank se syfers.

Die konsensusverwagting is onveranderd sedert Maart.

   

k

Rentekoers

Die Reserwebank het einde Maart sy repokoers onveranderd gehou, wat die prima rentekoers van banke op 7% gehou het.

Altesame 21 ekonome verwag dat die rentekoers teen die einde van 2021 steeds 7% sal wees.

In Maart was daar een ekonoom wat ’n verlaging voorspel het, maar Gerhard Kuhn verwag nou ook dat dit onveranderd gaan bly.

Koos Coetzee verwag die hoogste rentekoers, van 9,5%, wat ’n verhoging van 2,5 persentasiepunte suggereer.

Die Reserwebank se kwartaallikse projeksiemodel voorspel twee klein verhogings vanjaar, in Mei en in November, maar Elna Moolman reken die sentrale bank sal nie voor 2022 nodig hê om rentekoerse te verhoog nie.

  

k

Wisselkoers

Te oordeel na hul voorspellings, is ekonome nie oortuig dat die rand op sy huidige sterk vlakke sal bly nie. Hoewel die rand teen 8 April, ekonome se sperdatum, R14,52 teenoor die dollar was, is dit ekonome se konsensus dat die rand teen die einde van die jaar R15,25 sal wees.

Die konsensus is wel beter as in Maart, toe dit R15,58 was.

  

k

Olieprys

Die olieprys, tesame met die rand-dollar-wisselkoers, bepaal hoeveel Suid-Afrikaanse motoriste vir brandstof betaal.

Ekonome verwag nou ’n laer olieprys as in Maart, en tesame met hul voorspelling van ’n sterker rand, lê ’n paar verlagings in die petrolprys dalk vir motoriste voor.

Brent-ruolie het op 8 April $63,25 per vat gekos. Die konsensusverwagting is dat dit einde 2021 $63 per vat sal kos, net effens laer as Maart se konsensus van $63,09.

Die mees optimistiese voorspelling is Fanie Joubert se $50 en die mees pessimistiese voorspelling is prof. Jannie Rossouw se $75.

k

Goudprys

Die goudprys is ’n barometer van die wêreldekonomie – in tye van onsekerheid styg dit, en goud het dan ook in 2020 met ’n enorme 25% duurder geword.

Ekonome se verwagting vir die goudprys, $1 680, is laer as die heersende goudprys van nagenoeg $1 754,80 op 8 April, wat beteken hulle verwag die goudprys gaan vanjaar daal. Hul konsensus is ook laer as in Maart.

Fanie Joubert volstaan by sy voorspelling dat die goudprys einde 2021 tot $1 500 per fynons sal daal, maar Elna Moolman verwag steeds ’n styging tot $2 000.

  

k
JSE se indeks van alle aandele

Om aandeelpryse te voorspel, is nie noodwendig ekonome se werk nie, hoewel dit wel met die stand van die ekonomie verband hou – as die ekonomie groei, is dit natuurlik om te verwag dat maatskappye wat goed bestuur word en in groeisektore bedrywig is, ook ’n styging in hul wins sal beleef, en beleggers behoort dus daarin te belê, wat aandeelpryse kan laat styg.

Dis egter nie altyd so eenvoudig nie – goeie maatskappye se aandeelpryse kan vir baie beleggers te duur wees of nie genoeg groeipotensiaal hê nie.

Ons het deelnemers gevra om, bloot vir interessantheid, te voorspel waarheen hulle dink aandele vanjaar gaan beweeg, soos gemeet aan die indeks van alle aandele.

Dis nie ’n verpligte voorspelling nie en 14 ekonome het besluit om liefs nie ’n raaiskoot te waag nie.

Die JSE het op 8 April op 67 054 punte gesluit. Altesame 9 ekonome is pessimisties en reken die indeks sal 2021 laer afsluit. Die ander 13 reken die indeks gaan styg.

Die voorspellings wissel van Wilbie Venter se 58 000 punte tot Frank Blackmore se 75 425. Die konsensus is vir ’n styging tot 69 439 punte, dus 400 punte meer as wat in Maart voorspel is.

       

WAT EKONOME NOU DINK

Prof. Jannie Rossouw

Sir Winston Churchill se woorde was: “Never let a good crisis go to waste.

My indruk is dat die Reserwebank in die toepassing van monetêre beleid tans dieselfde benadering te midde van die Covid-19-krisis volg.

Sonder enige openbare aankondiging het hulle die fokus in die inflasieteiken vanaf 4,5% per jaar (die middelpunt van die teikenband) na 3% (die onderste perk) verskuif, in ’n poging om inflasieverwagtinge ook teen 3% te anker.

Die sukses hiervan sal ons egter eers in 2022 sien.

ekonoom2103
Elize Kruger, onafhanklike ekonoom
ekonoom2103
Emile du Plessis van Finometrica
ekonoom2103
Fanie Joubert van Unisa
ekonoom
Dr. Francois Stofberg van Efficient Group
ekonoom
Frank Blackmore van EFConsult
ekonoom
Gerhard Kuhn van die Nywerheidsontwikkelingskorporasie

Thea Fourie

Die buitelandse agtergrond is besonder positief vir Suid-Afrika se groeivooruitsigte vir 2021 en 2022.

In die VSA kan die massiewe fiskale stimulus opgevolg word deur ’n reuse-infrastruktuurprogram. Dit sal op kort tot mediumtermyn groei in dié ekonomie ondersteun, en ook internasionale kommoditeitspryse.

Die groeivooruitsigte van China, een van Suid-Afrika se grootste handelsvennote, bly ook positief op kort termyn.

ekonoom
Hugo Pienaar van die Buro vir Ekonomiese Ondersoek aan die Universiteit Stellenbosch
ekonoom
Jeff Schultz van BNP Paribas
ekonoom
Prof. Jannie Rossouw van die Besigheidskool aan die Universiteit van die Witwatersrand
ekonoom
Johan Rossouw van Vunani
ekonoom
Johan Willemse van Agrimark Konsultante
ekonoom
Johann Els van Old Mutual

Pieter du Preez

Ek het die vooruitskatting vir ekonomiese groei in 2021 na 2,5% verhoog vanaf ’n vorige vooruitskatting van 2%.

Die herstel in beweeglikheid in Maart, soos aangedui deur die Google Mobility-indeks, ’n verbetering in nuwemotorverkope, ’n verbetering in vervaardigingsaktiwiteit en die verkryging van meer entstowwe het die opwaartse aanpassing ondersteun.

Nietemin gaan die ekonomie steeds onder geweldige druk bly. Die moontlikheid van ’n derde golf van infeksies het versterk weens die swak verskaffing van entstowwe.

Beperkte kragbeskikbaarheid kan verdere druk op die ekonomie plaas. 

Maarten Ackerman van Citadel
Lullu Krugel van PwC
Elna Moolman van Standard Bank
ekonoom
Fanie Brink, onafhanklike ekonoom
ekonoom
Dr. Koos Coetzee, onafhanklike ekonoom

Prof. Danie Meyer

Die grootste risiko’s wat voorspelling kan beïnvloed, is steeds die komende derde golf van Covid-19, en Eskom is steeds onstabiel. 

ekonoom
Johannes Jordaan van Economic Modelling Solutions
ekonoom
Koenie Malherbe van Marble Rock Asset Management
ekonoom
Pieter du Preez van NKC African Economics
ekonoom
Reuben Beelders van Gryphon Asset Management
ekonoom
Richard Downing van Econdow
ekonoom
Dr. Roelof Botha, ekonomiese raadgewer van die Optimum Beleggingsgroep

Elna Moolman

Die volgehoue sterkte van kommoditeitspryse en groeiende optimisme oor wêreldgroei op kort termyn ondersteun ons verwagting dat Suid-Afrikaanse groei ook besonder sterk sal wees, al moet dit steeds gesien word as deel van die herstelpad na die BBP-vlakke wat voor die pandemie behaal is.

ekonoom
Sanisha Packirisamy van Momentum Investments
ekonoom
Prof. Waldo Krugell van die Skool vir ekonomie aan Noordwes-Universiteit
ekonoom
Wilbie Venter van Unigrain
Mike Schüssler van Economists.co.za
nedbank
Nicky Weimar van Nedbank.
Ulrich Joubert, onafhanklike ekonoom


Annabel Bishop van Investec
Prof. Carel van Aardt van die Buro vir Marknavorsing aan Unisa
Prof. Danie Meyer van die Universiteit van Johannesburg
Dr. Chris Harmse van CH Economics
Dawie Klopper van PSG Wealth
ekonoom
Christo Luüs van Ecoquant

WIE WIL EKONOOM VAN DIE JAAR WORD?

      

Hier is die 36 deelnemers aan Ekonoom van die Jaar 2021
  • Annabel Bishop van Investec
  • Prof. Carel van Aardt van die Buro vir Marknavorsing aan Unisa
  • Dr. Chris Harmse van CH Economics
  • Christo Luüs van Ecoquant
  • Prof. Danie Meyer van die Universiteit van Johannesburg
  • Dawie Klopper van PSG Wealth
  • Elize Kruger, onafhanklike ekonoom
  • Elna Moolman van Standard Bank
  • Emile du Plessis van Finometrica
  • Fanie Brink, onafhanklike ekonoom
  • Fanie Joubert van Unisa
  • Dr. Francois Stofberg van Efficient Group
  • Frank Blackmore van EFConsult
  • Gerhard Kuhn van die Nywerheidsontwikkelingskorporasie
  • Hugo Pienaar van die Buro vir Ekonomiese Ondersoek aan die Universiteit Stellenbosch
  • Prof. Jannie Rossouw van die Besigheidskool aan die Universiteit van die Witwatersrand
  • Jeff Schultz van BNP Paribas
  • Johan Rossouw van Vunani
  • Johan Willemse van Agrimark Konsultante
  • Johann Els van Old Mutual
  • Johannes Jordaan van Economic Modelling Solutions
  • Koenie Malherbe van Marble Rock Asset Management
  • Dr. Koos Coetzee, onafhanklike ekonoom
  • Lullu Krugel van PwC
  • Maarten Ackerman van Citadel
  • Mike Schüssler van Economists.co.za
  • Nicky Weimar van Nedbank
  • Pieter du Preez van NKC African Economics
  • Reuben Beelders van Gryphon Asset Management
  • Richard Downing van Econdow
  • Dr. Roelof Botha, ekonomiese raadgewer van die Optimum Beleggingsgroep
  • Sanisha Packirisamy van Momentum Investments
  • Thea Fourie van IHS Markit
  • Ulrich Joubert, onafhanklike ekonoom
  • Prof. Waldo Krugell van die Skool vir ekonomie aan Noordwes-Universiteit
  • Wilbie Venter van Unigrain

Meer oor:  Ekonomie  |  Ekonomiese Groei  |  Rand  |  Inflasie  |  Inflasiekoers  |  Ekonoom Van Die Jaar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.