Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Ekonome se wenslys vir staatsrede

Ekonome wil hoor wat die staat gaan doen met Eskom, korrupsie en grondonteiening wanneer pres. Cyril Ramaphosa Donderdag sy staatsrede in die parlement in Kaapstad lewer.

Sanisha Packirisamy. Foto: Verskaf

Hoewel dit nie die begrotingsrede is nie, kan die president Donderdag ’n aanduiding gee van wat Tito Mboweni, minister van finansies, op 20 Februarie in sy begrotingsrede gaan uiteensit.

Dawie Klopper, beleggingsekonoom by PSG Wealth, sê as hy die staatsrede kon skryf, sou hy graag wou sê:

“Ek gaan dringend optree teen staatskapers, Eskom gaan opgebreek word en staatsondernemings soos die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) gaan geprivatiseer word.

“Die gronddebat sal in die volgende drie maande gehanteer en afgehandel word en die kabinet gaan verklein word.

“As eerste stap gaan ek die ministers (en amptenare) wat in die Zondo-kommissie geïmpliseer word, van hul pligte onthef. As dit blyk hulle is onskuldig, sal ek hulle weer aanstel.”

Klopper sê dié een ding wat hy beslis nie verwag om te hoor nie, is: “Ek is jammer dat ek in die afgelope tien jaar niks gedoen of gesê het om die swak bestuur van die ekonomie en staatskaping te verhoed nie.”

Die meeste ekonome wat hul wenslysies aan Netwerk24 gestuur het oor wat hulle by die president sal wil hoor, stem veral saam met Klopper dat hulle wil hoor wat die plan vir Eskom is.

Ramaphosa het einde 2018 ’n taakspan saamgestel om ’n regrukplan vir dié nutsmaatskappy saam te stel.

Korrupsie

Prof. Jannie Rossouw. Foto: Verskaf

Prof. Jannie Rossouw, hoof van die skool vir ekonomiese en sakewetenskappe aan die Universiteit van die Witwatersrand, sê hy wil hoor watter kabinetslede gaan gepos word weens korrupsie en onaanvaarbare gedrag.

Hy sou ook graag die volle waarheid wou hoor oor ’n skenking van Bosasa aan Ramaphosa se verkiesingsfonds of aan sy seun, maar hy glo nie die president gaan iets daaroor sê nie.

Hy dink ook nie Ramaphosa gaan iets sê oor wanneer die visumprobleme vir besoekers aan Suid-Afrika finaal uit die weggeruim gaan word nie.

En nog minder dat Ramaphosa enige kritiek gaan lewer op sy voorganger, Jacob Zuma.

Wenslysies

Dawie Klopper. Foto: Verskaf

Fanie Brink, ’n onafhanklike ekonoom, sê hy sou graag wou hoor dat die president besef die herverdeling van die land se bates, potensiële ekonomiese groei en welvaart sal nie die probleme van ongelykheid, armoede en werkloosheid oplos nie.

“Sterker ekonomiese groei is die enigste manier om dit reg te kry,” sê hy.

Sanisha Packirisamy, ekonoom by Momentum Investments, en Abri du Plessis, ekonoom by die batebestuurder Gryphon, sou weer graag wou hoor dat staatsdiensposte gesnoei gaan word.

Mike Schüssler, hoofekonoom by Economist.co.za, sê hy sou graag wou hoor dat die SAL gesluit word, maar hy is seker hy gaan dit nie hoor nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.