Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Ekonome: Tesourie dalk ‘optimisties’ oor groei

Suid-Afrika se ekonomie gaan vanjaar met 7,72% krimp, is die gemiddelde raming van die 38 ekonome wat vanjaar deelneem aan die Ekonoom van die Jaar-kompetisie.

Die kompetisie word deur Netwerk24, Beeld, Die Burger, Rapporten Volksblad aangebied word. Die voorspellings vir Julie is gedoen voordat beurtkrag Vrydag heringestel is, met die verwagting dat dit die ekonomie selfs verder sal kelder.

Vir die eerste keer tot dusver verwag al die deelnemende ekonome nou ’n inkrimping gedurende 2020. Boonop is die standaardafwyking op die konsensusvoorspelling vir Junie net 1,84, wat wys dat die ekonome saamstem dat die ekonomie gaan krimp.

Die ekonoom wat die meeste optimisme vir die ekonomie het, is Fanie Joubert van Unisa. Hy verwag dat die ekonomie vanjaar met 3,5% gaan krimp.

Die mees pessimistiese ekonoom is prof. Johan Willemse van Agrimark Consultants, wat ’n inkrimping van 11% voorspel.

Die Covid-19-pandemie gaan na verwagting ekonomiese verwoes­ting in Suid-Afrika saai. Foto: Jaco Marais

Die ekonome se konsensusvoorspelling is baie in pas met dié van die tesourie. Tito Mboweni, minister van finansies, het op 24 Junie gesê dat die staat verwag ekonomiese groei van -7,2% vir 2020.

Die ekonome se verwagtinge is nou swakker as dié van die Reserwebank (-6,1%), die kredietgraderingsagentskap Moody’s Investors Service (-6,5%) en die Interna­sionale Monetêre Fonds (-5,8%).

Dit is ook beduidend swakker as die -6,54% wat hulle in Junie voorspel het.

In Maart, ’n hele ruk voordat die staat van inperking afgekondig is, het ekonome nog verwag dat die ekonomie vanjaar met 0,25% sou groei.

Nóg ’n syfer wat die ekonome beduidend aangepas het, is die verwagte tekort op die lopende rekening.

Waar hulle nog ’n tekort van R107,43 miljard in Junie verwag het, verwag hulle nou ’n tekort van R79,6 miljard.

Die standaardafwyking is egter 57,22 wat wys dat ekonome nie almal saamstem met dié syfer nie.

Die Reserwebank het op 2 Julie bekend gemaak dat die lopende rekening van R68,1 miljard met R137,8 miljard tot ’n oorskot van R69,7 miljard gestyg het in die eerste drie maande van 2020.

Ander voorspellings

Ander aanpassings aan die ekonome se konsensusvoorspellings:

  • Rand-euro-wisselkoers: van R18,52 tot R18,89 (standaardafwyking 0,94).
  • Rand-dollar-wisselkoers: van R16,91 tot R17,16 (0,87).
  • Goudprys: van $1 632,47/fynons tot $1 675,23/fynons (87,15).
  • Platinumprys: van $834,81/ons tot $822,35/ons (46,28).
  • Olieprys: Van $43,43/vat tot $43,08/vat (5,49).
k
Meer oor:  Ekonomie  |  Ekonomiese Groei  |  Rand  |  Resessie  |  Ekonoom Van Die Jaar  |  Ekonome
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.