Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Sakevertroue styg 1ste keer in 3 maande

Het die Suid-Afrikaanse ekonomie sy onderste draaipunt bereik? Die nuutste indeks van sakevertroue wil dit byna-byna so laat lyk.

Alan Mukoki, hoof van die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Nywerheid.

Sakevertroue het in September tot die hoogste vlak sedert Junie gestyg, volgens die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Nywerheid (SAKKN). Daar is egter nog geen rede om huis toe te skryf nie.

Daar is ook heelwat ander indekse wat minder optimisties is oor die stand  van die ekonomie.

Die indekspunt van 92,4 is ’n stewige 3,3 punte hoër as in Augustus, maar steeds 0,9 punte laer as ’n jaar gelede. Die gemiddelde punt vir die jaar tot einde September is 92,6 – ’n hele 2,8 punte laer as oor dieselfde nege maande van 2018.

Dit  kom nadat die indeks in Augustus die laagste was sedert 1985.

Onder die dinge wat die indeks van maand tot maand soveel opgedruk het, tel:

  • ’n Toename in uitvoer, hoewel vanaf lae vlakke;
  • ’n Sterker rand op ’n handelsgeweegde grondslag;
  • ’n Stewige styging in die verkope van nuwe voertuie; en
  • ’n Styging in die reële waarde van bouplanne wat goedgekeur is.

Die indeks was laer as ’n jaar gelede weens hoër kerninflasie, ’n daling in die JSE se indeks van alle aandele en laer vervaardigingsproduksie.

Volgens Alan Mukoki, uitvoerende hoof van die SAKKN, wil dit voorkom asof die ekonomie op die punt staan om weer op te tel vanuit ’n diep dal. Dinge kan nou begin stabiliseer – hoewel op ’n baie lae vlak.

“Dié geleentheid moet dringend aangegryp word om voorstelle vir ekonomiese herstrukturering in werking te stel en met die komende mediumtermynbegrotingsrede die toon te stel vir ’n ekonomiese omkeer.”

Meer oor:  Ekonomie  |  Sakevertroue  |  Sakkn
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.