SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Ekonomie
Ekonomie krimp met 0,6%

Die ekonomie het in die derde kwartaal van vanjaar met 0,6% ingekrimp.

Statistieke Suid-Afrika (SSA) het Dinsdagoggend die jongste syfers vir die bruto binnelandse produk (BBP) vir die kwartaal tot einde September uitgereik.

Dit kom nadat die ekonomie in die tweede kwartaal van vanjaar met 3,2% (die hersiene syfer) gegroei, maar met 3,1% ingekrimp het gedurende die eerste kwartaal. SSA het oorspronklik gesê die ekonomie het gedurende die tweede kwartaal met 3,1% gegroei.

Mynbou was die groot sondaar wat betref die gebrek aan ekonomiese groei. Dit het in die derde kwartaal met 6,1% ingekrimp.

Wanneer daar na ’n ekonomiese groei op ’n jaargrondslag gekyk word, blyk daar nie hoop vir enorme groei te wees nie.

Die tesourie het self sy groeiverwagting vir die jaar van 1,5% wat hy nog in Februarie voorsien het, in Oktober tot net 0,5% aangepas.

Die kredietgradeerder Moody’s Investor Services het ook in November sý verwagting vir groei dié jaar van 0,8% tot 0,7% aangepas.

Meer inligting volg.

Meer oor:  Statistieke Suid-Afrika  |  Resessie  |  Ekonomiese Groei  |  Bbp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.