Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Ekonoom van die Jaar: Tito bring nie hoop
CAPE TOWN, SOUTH AFRICA FEBRUARY 20: (SOUTH AFRIC
Tito Mboweni, minister van finansies.

Die begrotingsrede van Tito Mboweni, minister van finansies, in Februarie het die ekonome duidelik nie opgebeur nie.

Die 38 ekonome wat aan die Ekonoom van die Jaar-kompetisie deelneem, het hul vooruitsigte vir die ekonomie ná die begrotingsrede selfs nóg laer aangepas.

Die ekonome wat aan Netwerk24, Beeld, Die Burger, Rapport en Volksblad se Ekonoom van die Jaar-kompetisie deelneem, moet elke maand voorspellings vir 14 ekonomiese veranderlikes maak.

Dit gee ’n goeie riglyn van wat in die ekonomie kan gebeur en verbruikers en sakeondernemings kan dit in hul beplanning gebruik.

Hulle moes hul eerste voorspellings indien nog vóór Mboweni sy begrotingsrede gelewer het.

Een van die belangrikste syfers wat ekonome afwaarts aangepas het, is die verwagte ekonomiese groeisyfer vir 2019.

Voor Mboweni se begrotingsrede was die konsensusvoorspelling ekonomiese groei van 1,31% vir vanjaar, maar in die jongste voorspelling is dit tot 1,27% verlaag.

Dit is laer as die 1,5% wat Mboweni in sy begrotingsrede genoem het.

Die standaardafwyking op dié voorspelling is ’n skrale 0,32%. Dit beteken ekonome is dit eens dat die ekonomie vanjaar met ’n slakkegang gaan groei.

Hoewel ekonome ander syfers effens aangepas het, is die veranderinge in klein. Dit sluit in:

  • Rand-dollar-wisselkoers – van R13,80 tot R13,92;
  • Rand-euro-wisselkoers – van R15,89 tot R15,90;
  • Goudprys – van $1 310,36/fynons tot $1 316,78/fynons;
  • Platinumprys – van $861,33/ons tot $863,29/ons;
  • Inflasiekoers – van 4,95% tot 4,93%; en
  • Olieprys – van $65,34/vat tot $65,26/vat.

Ekonome het hul vooruitsig vir die prima rentekoers onveranderd op 10,31% gelaat.

Buiten by hulpbronpryse is die standaardafwyking in die meeste gevalle minder as 1%.

Lullu Krugel, hoofekonoom by PwC, het voorheen verduidelik hoewel ekonome modelle kan gebruik om baie van die syfers te bereken, is dit nie die geval met hulpbronpryse nie.

Dié sektor is ook berug daarvoor dat pryse afhangend van wêreldgebeure skielik kan omswaai.

Hoewel ekonome se konsensusvoorspelling vir die goudprys $1 316,78 per fynons is, wissel dit vir individuele ekonome van $1 200 per fynons tot $1 500 per fynons.

Ekonome het ook wyd uiteenlopende verwagtinge oor die tekort op die lopende rekening.

Die konsensusvoorspelling is ’n tekort van R170,20 miljard. Dit is minder as die R174,65 miljard wat hulle in Februarie voorspel het.

Die standaardafwyking is egter 26,43%.

Die grootste tekort wat ’n ekonoom verwag, is R238 miljard terwyl die kleinste R105 miljard is.

Ekonoom van die Jaar Maart 2019

Meer oor:  Tito Mboweni  |  Begroting 2019  |  Rente  |  Ekonoom Van Die Jaar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.