Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Europa se inperking hou toeriste steeds weg

Die deursnee-toeris na Suid-Afrika is besig om te verander soos wat oorsese lande se inperkings die tradisionele besoekers verhinder om hierheen te reis.

Uit Statistieke Suid-Afrika (SSA) se jongste verslag oor toerisme en migrasie in Februarie blyk dit dat toeriste uit Afrika steeds in groot getalle na Suid-Afrika reis, terwyl net ’n handjievol oorsese besoekers, veral van Europa, steeds hierheen kom.

Volgens die verslag, wat Dinsdag uitgereik is, het 79 266 toeriste uit Afrikalande in Februarie Suid-Afrika binnegekom. Dit is sowat 14,4% van die getal Afrikane wat in Februarie 2020 die land besoek het.

Slegs 10 745 oorsese toeriste buite Afrika het die land besoek – ’n powere 4,3% in vergelyking met verlede jaar. Foto: Unsplash

Slegs 10 745 oorsese toeriste buite Afrika het die land besoek – ’n powere 4,3% in vergelyking met verlede jaar. Van dié toeriste was 59,6% van Europa.

Die SSA sê die meeste van dié besoekers was van Duitsland, gevolg deur die VSA, Brittanje, Indië en Rusland.

Uit Afrika kom die besoekers hoofsaaklik van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG), met die meeste besoekers uit Mosambiek, gevolg deur Zimbabwe, Lesotho, Eswatini en Namibië.

Die topvyf ander Afrikalande se besoekers kom van Nigerië, Ghana, Kenia, Uganda en Egipte.

Die meerderheid toeriste – 75 275 toeriste of 83,5% – was hier vir vakansie.

In Februarie was daar in totaal meer as tien keer meer Afrikane in Suid-Afrika op vakansie as Europeërs.

Met volgehoue reisbeperkings op Suid-Afrika deur veral Europese en ander Westerse lande sal die prentjie waarskynlik vir ’n ruk onveranderd bly en beleërde toerismeondernemings sal moet vuisslaan vir die paar toeriste wat steeds die land binnekom.

Aanpassings vir die Afrika-mark sal dalk ook help om die toeriste wat steeds na Suid-Afrika kan reis te lok.

Meer oor:  Koronavirus  |  Toerisme  |  Toerismebedryf  |  Inperking  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.