Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Fabrieke verloor selfs méér stoom

45,4 punte: Dit is die vlak waartoe Absa se aankopebestuursindeks (PMI) in Mei geval het, vergeleke met 47,2 punte in April.

Stoom trek uit die skoorstene van Sasol se petrochemiese aanleg in Sasolburg. Foto: Vida Booysen

Die indeks is ’n maatstaf van die welstand van die vervaardigingsektor in die land en gewoonlik ’n vroeë aanwyser van ekonomiese aktiwiteit.

Die indeks word gegrond op onder meer die hoeveelheid verkoopbestellings, indiensneming en aankooppryse. Die seisoenaal aangepaste PMI het bykans al die veld wat in April gewen is, uitgewis.

Die huidige 45,4-vlak is die swakste sedert Oktober 2018, afgesien van Maart toe die indeks tot 45 punte geval het.

Die daling is slegte nuus vir die vervaardigingsektor nadat uitset merkbaar verswak het op ’n kwartaallikse grondslag in die eerste kwartaal van vanjaar.

Meer oor:  Absa  |  Vervaardiging  |  Fabrieke  |  Pmi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.