Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Fitch gradeer 5 groot SA banke verder in rommel in

Fitch het die vyf groot banke van Suid-Afrika naamlik Absa, FirstRand, Investec, Nedbank en Standard Bank verder in rommel afgradeer.

Groot veranderinge is besig om plaas te vind in die bankbedryf en ou banke soos Absa kry al meer mededinging. Foto: Getty Images

Alle nasionale langtermyngraderings en skuldgraderings is afgradeer.

Die vooruitsig vir die gradering van die banke is ook van stabiel op negatief geplaas.

Dieselfde stappe is gedoen met vier van die banke se beheermaatskappye Absa, Investec, Nedbank en Standard Bank.

“Die stap is weens die verwagte negatiewe impak van die koronavirus-uitbreking op die banke se bedryfsomgewing en belangrike finansiële statistieke gedoen.

“Ons meen die Suid-Afrikaanse bedryfsomgewing is veral blootgestel aan die pandemie weens die digte bevolking en weerlose gemeenskappe en die verhoogde risiko vir die ekonomie as gevolg van dalende kommoditeitspryse, ontwrigting van toerisme, mynbou-aktiwiteite en vervaardiging, sowel as druk op die regerings se finansies.”

Die inperking van 21 dae gaan ’n “verdere groot negatiewe skok vir die banke se bedryfsomgewing meebring” wat reeds deur die land se baie swak ekonomiese vooruitsig geraak word.

Die krisis gaan nog ’n langdurige impak op Suid-Afrika hê gegewe sy afhanklikheid van internasionale uitvoermarkte.

Banke is reeds in rommelstatus afgradeer drie jaar gelede April 2017 toe Fitch Suid-Afrika se nasionale gradering verlaag het.

LEES OOK: Banke, Eskom, Transnet en MTN kry ook rommelstatus

Fitch verwag dat die banke veelvuldige uitdagings in die nabye toekoms sal ondervind, waaronder ’n afname in kliënte-aktiwiteite, laer rentekoerse, wat druk op marges sal plaas, en stygende kredietverliese.

Hierdie faktore sal die risiko’s vir banke se verdienste, gehalte van hul bates (die verbruikerskuld wat hulle op hul boeke het en van maatskappye) en vir hul kapitalisasie verhoog.

Die skuldverligtingsmaatreëls wat deur die banke aangekondig is, sal nie net hul winsmarges beïnvloed nie, maar ook die omvang van die verswakking van die gehalte van hul bates verdoesel.

Fitch het reeds weens die swak ekonomiese groei ’n moeiliker jaar vir die banke verwag.

“Ons verwagting oor hul wins en bates se gehalte is nou baie swakker as wat ons laat in 2019 verwag het toe ons die vooruitsigte gepubliseer het.”

Die gradering is van BB+ wat dit voorheen was tot BB verlaag.

Meer oor:  Investec  |  Fitch  |  Absa  |  Standard Bank  |  Kredietgradering  |  Afgradering  |  Rommelstatus  |  Korona
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.