Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Fitch ‘kan Brittanje afgradeer’ oor Brexit

Die kredietgradeerder Fitch Ratings sê hy oorweeg dit om Brittanje se staatskuld af te gradeer van die huidige AA-gradering weens die groeiende onsekerheid oor Brexit-onderhandelinge.

Brittanje verlaat die Europese Unie (EU) op 29 Maart.

Fitch glo ’n Brexit sonder ’n ooreenkoms gaan lei tot aansienlike korttermyngevolge vir Brittanje se ekonomiese en handelsvooruitsigte.

Hy kan ook die Bank van Engeland (Brittanje se sentrale bank) se AA-gradering verlaag indien hy Brittanje se soewereine gradering verlaag, sê Fitch in ’n verklaring.

Theresa May, Britse premier, het Woensdag “konstruktiewe samesprekings” in Brussel gehou waar sy toegewings soek van ’n skeptiese EU. Haar huidige strategie is onder druk nadat drie LP’s van haar Konserwatiewe Party na ’n nuwe onafhanklike groep oorgeloop het.

Die pond het effens teenoor die dollar veld verloor in reaksie op Fitch se verklaring.

May se tyd raak min om die Britse parlement se goedkeuring vir ’n ooreenkoms te kry voor die Brexit-spertyd.

Die manier waarop Brexit gebeur, gaan Brittanje se ekonomiese groei beïnvloed, sê Fitch. Groei het reeds in die vierde kwartaal van 2018 tot 0,2% gedaal van 0,6% in die vorige kwartaal. Dit het reële groei vir 2018 op 1,4% te staan gebring, sê Fitch.

As Brittanje die EU sonder ’n ooreenkoms verlaat, loop hy die risiko van ’n resessie wat so erg kan wees soos die een in die vroeë 1990’s toe die land se bruto binnelandse produk (BBP) met 2% oor ses kwartale ingekrimp het, sê Fitch.

Hy sê egter hy werk tans op die veronderstelling dat daar wel ’n Brexit-ooreenkoms sal wees en verwag BBP-groei van 1,6% vanjaar en in 2020. – Reuters

Meer oor:  Fitch Ratings  |  Brittanje  |  Brexit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.