Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Fitch laat SA se gradering onveranderd
Fitch Ratings se hoofkantoor in New York.

Die internasionale kredietgraderingsagentskap Fitch het die kredietgradering op Suid-Afrika se buitelandse en staatseffekte dieselfde gehou.

Die vooruitsig vir die kredietgradering is stabiel gehou.

Dit beteken die kredietgraderings bly onder beleggingsgradering, sê die regering in ’n verklaring.

Volgens Fitch is die besluit gegrond op die “lae potensiaal vir groei, die groot skuldlas van die regering, gebeurlikheidsaanspreeklikheid en die stygende spanning in die samelewing weens uiters hoë ongelykheid.”

Die gradering word steeds ondersteun deur “sterk instellings, diep kapitaalmarkte en ’n gesonde banksektor”.

Fitch het in sy verklaring erkenning gegee aan die beleidsingrypings van die regering om ekonomiese groei te herstel insluitende die ekonomiese stimulus- en herstelplan wat pres. Cyril Ramaphosa in September aangekondig het.

Die hooffokus vir die regering is om Suid-Afrika se beleggingsgraadstatus te herwin om die land ’n aantreklike beleggingsbestemming te maak.

Fitch het ook erkenning gegee aan die goedkeuring van die hersiene Mynhandves wat na verwagting onsekerheid in die mynbedryf gaan verminder.

“Die hooffokus vir die regering is om Suid-Afrika se beleggingsgraadstatus te herwin om die land ’n aantreklike beleggingsbestemming te maak.

“Dit sal bereik word deur beleidsekerheid en geloofwaardigheid te verhoog, die skuldlas te verlaag, sowel as goeie bestuur en finansiële bestendigheid by staatsinstellings en staatsbeheerde maatskappye te herstel,” lui ’n verklaring van die nasionale tesourie.

“Die regering sal voortgaan om alle belanghebbende partye te betrek sodat die ekonomiese hervorming vinniger plaasvind.”

Fitch was die laaste internasionale graderingsagentskap waarvoor Suid-Afrika gewag het.

Standard & Poor’s Global Rating het laat in November sy gradering onveranderd gelaat en Moody’s het in Oktober ook die bestaande gradering behou.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.