Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Fitch maan weer oor staatskuld
Fitch Ratings is steeds negatief oor Suid-Afrika se finansiële toekoms. Foto: Argief

As Suid-Afrika nie met ’n duidelike plan vorendag kan kom oor hoe sy staatskuld in toom gehou gaan word nie, sal dit lei tot ’n verdere afgradering, maan Fitch.

Dié internasionale kredietgraderingsagentskap het reeds in Junie ná Tito Mboweni, minister van finansies, se “noodbegroting” gesê hy is skepties oor die regering se voorneme om binne vier jaar die staat se skuldvlakke te stabiliseer.

Fitch het weer vandeesweek gewaarsku oor die rigting wat staatskuld inslaan.

Die staatskuld is op pad om volgende jaar die kerf van 80% van die bruto binnelandse produk (BBP) oor te steek omdat die regering meer moet leen om die koronavirus onder beheer te kry.

Fitch het reeds in April die land se kredietgradering dieper in rommel in afgradeer en ook toe aangedui dit is weens ’n gebrek aan ’n duidelike pad oor hoe die skuldlas gestabiliseer gaan word en hoe hoër ekonomiese groei behaal gaan word.

Die ander bekende graderingsagentskappe, Moody’s en S&P, het ook die land se staatskuld na rommel gegradeer.

“ ’n Voortgesette styging in die verhouding van staatskuld tot BBP en ’n gebrek aan ’n duidelike en geloofwaardige pad om dié verhouding te stabiliseer, gaan lei tot ’n verdere afgradering van Suid-Afrika se BB-gradering, wat reeds op ’n negatiewe vooruitsig geplaas is,” het Jan Friederich, hoof van Fitch se graderings in Afrika, gesê.

“Maatskaplike en politieke faktore, insluitend uitsonderlik hoë ongelykheid, magtige vakbonde en diep meningsverskille binne die ANC, bied wesenlike hindernisse vir fiskale konsolidering.” – Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.