Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Foutiewe horlosie kry skuld vir data-lek
Wellington, die hoofstad van Nieu-Seeland.

’n Foutiewe horlosie is glo die rede dat Nieu-Seeland se statistiekdiens die nuutste ekonomiese groeisyfers té vroeg aan ’n groep joernaliste en ontleders bekend gemaak het.

Dié fout het ’n invloed op die waarde van die land se geldeenheid en effekte gehad.

Die statistiekdiens sê in ’n verklaring die embargo op die inligting is sowat ’n minuut vroeër as die beplande tyd van 10:45 Donderdag opgehef.

Joernaliste en ontleders word tipies ’n paar uur voor inligting oor byvoorbeeld die bruto binnelandse produk (BBP) of ’n land se begroting in ’n vertrek toegesluit waar hulle dan toegang tot die inligting gegee word.

Dit is ook die geval in Suid-Afrika.

Hulle mag egter die inligting net ná ’n spesifieke tyd bekendmaak.

Wat glo in Wellington gebeur het, is dat in plaas van die amptelike tyd die tyd wat op een van die werknemers se slimfone was, per ongeluk gebruik is.

Dit het beteken die mense wat in die vertrek was, kon die inligting ’n minuut vroeër bekend maak as wat enigiemand anders in die land dit kon doen.

Die Nieu-Seeland dollar het met meer as 0,5% verstewig nadat die nuus bekendgemaak is.

Die land se BBP het in die tweede kwartaal van die jaar beter vertoon as wat ontleders verwag het.

Die kabaal kom net dae nadat Jacinda Ardern, premier, in ’n radio-onderhoud laat blyk het sy is ’n wenk oor die BBP-inligting gegee.

Ardern het later gesê sy het die vraag verkeerd verstaan.

Die statistiekdiens sê hy waarborg die integriteit van sy inligting. – Bloomberg, bygewerk

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.