Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
G20-lande steun ‘paspoorte’ vir dié wat ingeënt is

Die wêreld se 20 rykste lande glo dis ’n goeie idee om inentingspaspoorte vir reisdoeleindes in te stel.

Suid-Afrika het tien miljoen minder buitelandse toeriste in 2020 gehad. Foto: Pixabay

Inentingspaspoorte sal volgens ’n konsepdokument die broodnodige hupstoot gee aan internasionale reis en toerisme, berig Bloomberg.

Die ministers van toerisme van die groep van 20 grootste ekonomieë (G20) het Dinsdag ’n virtuele vergadering onder leiding van Italië gehou. Hulle het saamgestem die pad van herstel wat toerisme wêreldwyd nog moet loop, is uiters onseker en dat ondernemings in dié bedryf dringend moet aandag kry.

Vroeër is berig dat digitale inentingspaspoorte gou ’n vereiste kan wees vir reisigers.

LEES OOK: App dalk jou lewenslyn om oorsee te vlieg

Volgens Bloomberg het die reis- en toerismebedryf se bydrae tot die wêreld se ekonomie weens reisbeperkings met 49% gekrimp tot $4 700 miljard in 2020 teenoor 2019.

Volgens die Wêreldtoerismeraad is sowat 62 miljoen mense in die bedryf hul werk kwyt en die besteding van toeriste wêreldwyd het verlede jaar met 69% afgeneem.

Meer oor:  Koronavirus  |  Toerisme  |  Inentingspaspoorte  |  Inentings  |  G20  |  Covid-19  |  Reis  |  Entstowwe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.