Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Gareth Ackerman: ‘Tyd vir berade is verby’

Die politiek van die afgelope paar jaar het ’n verwoestende uitwerking op die ekonomie gehad en Suid-Afrika moet daarna streef dat geen verdere skade aangerig word in die aanloop tot die verkiesing in 2019 nie.

Gareth Ackerman, voorsitter van Pick n Pay se direksie, het op sy toespraak met die bekendstelling van Pick n Pay se halfjaarsyfers gesê dis belangrik dat die sakesektor nie meer doekies omdraai nie, maar reguit praat oor wat die land nodig het, want “baie is op die spel”.

Lees ook: Pick n Pay reik beste syfers in 5 jaar uit

Hy sê die gebrek aan werkgeleenthede vir miljoene jong Suid-Afrikaners is ’n ernstige krisis.

Gareth Ackerman, voorsitter van Pick n Pay se direksie.

“Saam of individueel moet ondernemings met gesag en oortuigend praat oor die openbare beleid wat ekonomiese groei aandryf.”

Ackerman sê Suid-Afrika het dringend ’n sake- en beleggersvriendelike ekonomie, billike belasting, die daadwerklike bestryding van misdaad en weldeurdagte inisiatiewe vir jeugwerkskepping nodig.

“Geen verdere dinkskrums of berade gaan dit bereik nie. Ons moet nou optree. Saam.

“Sake se stem was vir te lank gedemp. Die waarheid is dat die ekonomie uit pad uit geloop het.

“Om ons land weer aan die werk te kry, sal almal van ons in die korporatiewe sektor ingestel moet wees op die ekonomiese, maatskaplike en omgewingsbehoeftes van ons land.

“Om Suid-Afrikaners aan die werk te kry – regstreeks of deur middel van hul voorraadkettings – moet die prioriteit van alle Suid-Afrikaanse maatskappye, klein of groot, wees.”

Sassa-uitbetalings

Ackerman sê winkels is die belangrikste punte waar die 17,5 miljoen begunstigdes van staatstoelae hul geld onttrek.

Kleinhandelaars het enorme koste aangegaan sodat hulle uitbetalings van maatskaplike toelae in hul winkels kan doen, sonder dat daar enige vereiste is dat begunstigdes iets in hul winkels koop.

Misdaad by winkels op uitbetalingsdae het egter ’n “baie ernstige probleem geword”.

Kleinhandelaars gebruik op die oomblik die Raad op Verbruikersgoedere, ’n bedryfsliggaam, om met die regering in gesprek te tree oor die probleem, en Ackerman sê hulle hoop om binnekort ’n oplossing te vind.

Meer oor:  Pick N Pay  |  Gareth Ackerman  |  Werkberaad  |  Toelaes  |  Werkskepping  |  Kleinhandelaars  |  Sassa  |  Ekonomie  |  Kleinhandel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.