Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Gauteng: ‘Lewensaar’ vir toerisme moet weer oop

Gauteng is die middelpunt wat die land byeenbring en dié provinsie lewer boonop sowat 60% van die land se plaaslike reisigers op. Dit is daarom noodsaaklik om dié provinsie weer oop te stel.

Die OR Tambo-lughawe in Kempton Park. Foto: Unsplash

Drank moet ook weer verkoop kan word.

Dit is twee van die versoeke uit die toerismebedryf wat Vrydag in ’n verklaring opgeklink het. Daarin waarsku die bedryf ook indien die reisbeperkings wat tans vir Gauteng geld, nog lank van krag gaan wees, dit groot werksverliese gaan meebring.

“Die reis-, toerisme-, en gasvryheidsbedryf het massiewe finansiële verliese gely sedert die aangepaste vlak 4-inperking ingestel is,” sê Tshifhiwa Tshivhengwa, uitvoerende hoof van die Toerismesakeraad van Suid-Afrika (TBCSA).

“Met sowat 60% van plaaslike reisigers wat uit Gauteng kom, beteken dit die verbod op reis tref die land se hele toerismebedryf baie swaar.

“Wat lugvaart betref, word amper 40% van alle plaaslike vlugte geraak aangesien ’n derde van die getal plaaslike reisigers jaarliks deur O.R. Tambo-lughawe beweeg.”

Hy sê die feit dat van die groot hotelgroepe al die deure van sommige van hul hotelle gesluit het, voorspel niks goeds vir werkskepping nie.

“Verskeie lugdienste het ook hul vlugte gestaak en talle motorverhuringsmaatskappye se takke is ook gesluit weens die regulasies,” sê hy.

Klein ondernemings in die platteland en townships is ook swaar getref deur die inperking.

“Die uiteinde hiervan kan groot werksverliese wees, veral as die regering nie binnekort interprovinsiale reise na en van Gauteng toelaat nie.”

Drankverbod

Die drankverbod tref ook heelwat bedrywe hard en stel net nog meer mense se werk in gevaar, sê Tshivhengwa.

“Baie hotelle, restaurante en ander ondernemings wat drank verkoop, het eerder gesluit omdat hulle weet sonder drankverkope sal hulle nie eens gelyk uitkom nie.

“Hierdie sluitings het net nog duisende werknemers in dié bedrywe en van die werkers in waardekettings se inkomste op die spel geplaas.”

Hy doen ’n beroep op die regering om meer mense by byeenkomste toe te laat.

Meer oor:  Gauteng  |  Kroeë  |  Drankverkope  |  Bierbedryf  |  Drank  |  Staat Van Inperking  |  Sjebiens  |  Bier  |  Koronavirus  |  Toerisme  |  Hotelle  |  Bierbrouerye  |  Toerismebedryf  |  Restaurante  |  Vlak 4  |  Inperking  |  Drankverbod  |  Drankbedryf  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.