Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Gebrek aan ekonomiese vryheid kom SA duur te staan

Korrupsie en die manier waarop dit Suid-Afrikaners dwing om omkoopgeld te betaal en gunsies te doen, beperk landsburgers se ekonomiese vryheid, sê die Vryemarkstigting in ’n verklaring.

Richard J. Grant, ’n professor in finansies en ekonomie en lid van die stigting, sê ons moet ook onthou dat die agteruitgang in ekonomiese vryheid nie net in die nuus nie, maar ook in ons daaglikse lewe, te sien is.

Sodra ’n regering se rol in sy burgers se lewe verder strek as om net noodsaaklike regte te beskerm, word mense se vryheid ingeperk.

Die indeks van ekonomiese vryheid van die Wêreld (EFW), wat onlangs deur die Fraser-instituut uitgereik is, werp ’n lig op die omvang van die politieke beperkings waaronder Suid-Afrikaners toenemend leef.

Nie minder nie as 49 ander lande het Suid-Afrika verbygesteek en waar Suid-Afrika in 2000 46ste op die ranglys was, lê die land nou in die 95ste posisie.

Luidens die verslag is Suid-Afrika 95ste op die ranglys wat ekonomiese vryheid meet.

Hoewel Suid-Afrika se posisie op die ranglys die afgelope twee jaar verbeter het, het ekonomiese vryheid in die land sedert 2000 baie versleg, sê Grant.

Nie minder nie as 49 ander lande het Suid-Afrika verbygesteek en waar Suid-Afrika in 2000 46ste op die ranglys was, lê die land nou in die 95ste posisie.

Hierdie agteruitgang verduidelik Suid-Afrika se verlies aan produktiwiteit, die hoë werkloosheidsyfer en die land se kwesbaarheid om in resessies te verval.

Grant sê as ’n mens Mauritius en Kaap Verde inreken, is daar nou 13 Afrikalande wat beter as Suid-Afrika op die indeks vaar.

Die indeks word saamgestel deur vyf afdelings te meet, naamlik: die grootte van die regering, die regstelsel en eiendomsreg, standvastige geld, die vryheid om internasionaal handel te dryf en regulering.

In die afdeling vir regulering het arbeidsregulasies die afdeling se meting benadeel.

Suid-Afrika het in twee afdelings, standvastige geld en regulering, effens verbeter, maar in die drie ander afdelings verswak.

Die land se beste afdeling bly standvastige geld, maar die telling kan baie hoër wees indien burgers se toegang tot buitelandse valuta nie so beperk word nie en hulle toegelaat word om bankrekeninge in ander geldeenhede te open.

In die afdeling vir regulering het arbeidsregulasies die afdeling se meting benadeel. Veral die land se streng indiensnemingsvereistes het die gradering negatief geraak. Regulasies vir sakeondernemings, administratiewe vereistes en burokratiese koste is van die ander kwelpunte, sê Grant.

Korrupsie veroorsaak dat die EFW se gradering in die afdeling vir die regstelsel en eiendomsreg baie laag is.

Die grootte van Suid-Afrika se regering is egter die afdeling wat die land se gradering die slegste beïnvloed, sê hy. Die styging in sekere belastingkoerse is meestal verantwoordelik vir die swak gradering. Die regering se besteding het effens verbeter maar op lang termyn is daar steeds agteruitgang.

Die vryheid om internasionaal handel te dryf toon ook agteruitgang en regulatoriese struikelblokke, asook in- en uitvoerregulasies, bly ’n kwelpunt, sê Grant.

Grant sê die verlies aan ekonomiese vryheid is ook ’n verlies aan potensiaal. Mense se vermoë om ’n bestaan te maak en te floreer word deur ’n regering wat ondoeltreffend is, in die wiele gery.

Meer oor:  Vryemarkstigting  |  Finansies  |  Ekonomie  |  Ekonomiese Groei
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.