Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Gedenknote van Mandela vroeg onthul
Só lyk die agterkant van die R5-munt wat as deel van die Mandela-eeufeesviering uitgereik word.

Iemand het die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) se verrassing bederf.

Die Bank sou op 13 Julie sy eerste stel geldnote, ter viering van ’n eeu sedert oudpres. Nelson Mandela se geboortedag, onthul. ’n Spesiale R5-munt sal ook deel van die herdenking wees.

Maar iemand het foto’s van die gedenkstel op sosiale media laat uitlek en nou het die Reserwebank besluit om sommer reeds die voorbeelde van die reeks openbaar te maak “om verwarring en onnodige spekulasie hok te slaan”, het die bank Woensdagmiddag in ’n verklaring gesê.

As deel van die voorbereidings vir die bekendstelling is toetspakke van die nuwe geldnote aan lede van die breër kontantbedryf beskikbaar gestel. Dit is sodat masjiene wat geld uitspoeg, vir die nuwe note aangepas kan word.

Die voorkant van die nuwe R5-munt.

“Hoewel dié toetspakke aan streng reëls oor vertroulikheid onderworpe was, het dit onder die SARB se aandag gekom lekkasies het voorgekom wat daartoe gelei het dat sekere van die nuwe ontwerpe op sosiale media verskyn het,” lui die verklaring.

Die nuwe geldnote sal in alle denominasies beskikbaar wees: R10, R20, R50, R100 en R200.

Daar word verwag dat die nuwe note teen 18 Julie, die herdenking van Madiba se geboortedag, in omloop sal wees. Die nuwe note en die R5-muntstuk sal slegs vir ’n beperkte tyd saam met die huidige Mandela-geldnote beskikbaar wees. Albei stelle sal as wettige betaalmiddel aanvaar word.

Die agterkant van die nuwe R10-noot wat as deel van die Mandela-eeufees uitgereik word.
Die voorkant van die R10-noot wat as deel van die Mandela-eeufees uitgereik word.
Meer oor:  Nelson Mandela  |  Mandeladag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.